settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor voorhuwelikse verhoudings?

Antwoord


Alhoewel die woorde “uitgaan” of “hofmaak” nie in die Bybel gevind word nie is daar sekere beginsels wat Christene moet volg tydens hierdie periode voor die huwelik. Eerstens is dit belangrik dat ons nie hierdie aspek in dieselfde lig as die wereld sien nie omrede God se siening staan teenstrydig met die wereld se siening (2 Petrus 2:20). Terwyl die wereld siening dit goed sal vind om baie verskillende verhoudings aan te knoop, is dit vir die Christen belangrik om eers die karakter van iemand te bepaal alvorens daar in ‘n erinstige verhouding betree word. Ons moet eers uitvind of die persoon in die Gees avn Christus wedergebore is (Johannes 3:3-8) en of hy / sy dieselfde behoefte het om as Christus se volgelinge te lewe (Filippense 2:5). Die uiteintlike doel om uittegaan of om iemand die hof te maak is om ‘n lewenslange huweliks maat te vind. Die Bybel vertel ons dat Christene nie met nie-Christene moet trou nie (2 Korintiers 6:14-15) want dit sal ons verhouding met Christus beinvloed en sal ook ons morele waardes en standaarde verswak.

Wanneer ons, ons verbind tot ‘n liefdes verhouding is dit belangrik om te onthou dat ons God bo alles moet lief hê (Matteus 10:37). Om te dink dat ‘n ander persoon “alles” is of so te leef dat daardie persoon belangriker is as enige iets anders kan as afbeelding gesien word wat sonde is (Galasiers 6:9, 13; 2 Timoteus 2:22). Seksuele sonde is nie net ‘n sonde teen God nie, maar ook ‘n sonde teen ons eie liggaam (1 Korintiers 6:18). Dit is belangrik om ander net so lief te hê soos onsself (Romeine 12:9-10) en dit is ook hoe ons erinstige vehoudings en hofmaking moet sien. Of dit nou net ‘n sleep is of ‘n ernstige verhouding wat tot troue kan lei is dit belangrik om die Bybel as die basis te sien en om daardeur gelei te word. Troue is een van die belangrike besluite wat ons moet maak, twee vlese kom bymekaar en vorm een vlees soos God dit bedoel het en moet dit permanent en onbreekbaar staan (Genesis 2:24; Matteus 19:5).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor voorhuwelikse verhoudings?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries