settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek die evangelie verkondig aan my vriende en familie sonder om hulle te na te kom of om hulle te verstoot?

Antwoord


In elke Christen se lewe is daar familie, vriende, mede werkers of mense wat nie Christene is is nie (ongelowiges). Om die boodskap met ander te deel is moeilik en dit kan self nog moeiliker wees indien daar a hegte en emosionele verband bestaan. Die Bybel vertel ons dat party mense aanstoot sal neem teen die verkondiging van die Woord (Lukas 12:51-53). Maar ons word nog gevra om die boodskap te verkondig, dit is ons plig en ons moet nie verskoning soek om dit nie te doen nie (Matteus 28:19-20; Handelinge 1:8; 1 Petrus 3:15).

So, hoe kan ons die evangelie verkondig aan familie, vriende en mense wat in ons lewens kom? Die mees belangrikste is om vir hulle te bid. Bid dat God hulle harte moet verander en hulle oë moet oopmaak (2 Korintiërs 4:4) teenoor die waarheid van die evangelie. Bid dat God hulle oorreed van Sy liefde vir hulle en die noodsaaklikheid van redding deur Jesus Christus (Johannes 3:16). Bid vir kennis hoe jy te werk moet gaan om die boodskap aan hulle te bring (Jacobus 1:5). Afgesien van bid moet ons ook ‘n godelike lewe lei sodat hulle kan sien die veranderinge wat God in ons eie lewens gebring het (1 Petrus 3:1-2). Soos Saint Francis van Assisi gesê het, “Preek die evangelie altyd en wanneer nodig is, gebruik woorde”.

Laastens, ons moet altyd gewillig en beslis wees in ons verkondiging van die evengelie. Maak bekend die boodskap van redding deur Jesus Christus aan jou familie en vriende (Romeine 10:9-10). Wees altyd gereed om jou geloof te deel (1 Petrus 3:15) en doen so met sagmoedigheid en respek. Ons dra ons familie en vriende se redding aan God op. Dit is God se krag wat mense red en nie ons eie krag of werke nie. Die beste wat ons kan doen is om te bid, hulle te vertel en ‘n Christelike lewe lei wat God se krag en invloed weerspieël.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek die evangelie verkondig aan my vriende en familie sonder om hulle te na te kom of om hulle te verstoot?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries