settings icon
share icon
Vraag

Wat is die beste manier om die evangelie te verkondig aan iemand wat in ‘n kultus of valse godsdiens is?

Antwoord


Die mees belangrikste ding wat ons kan doen vir diegene wat by kultusse of valse godsdienste betrokke is, is om vir hulle te bid. Ons moet bid dat God hulle harte sal verander en hulle oë sal open vir die waarheid (2 Korinthiërs 4:4). Ons moet bid dat God hulle sal oortuig van die noodsaaklikheid van redding deur Jesus Christus (Johannes 3:16). Sonder die krag van God en die oortuiging van die Heilige Gees, sal ons nooit daarin slaag om enigeen van die waarheid te oortuig nie (Johannes 16:7-11).

Ons moet ook ‘n vrome Christelike lewe lei, sodat daardie wat vasgevang is in kultusse en valse godsdienste die verandering kan sien wat God in ons eie lewens gemaak het (1 Petrus 3:1-2). Ons moet bid vir wysheid oor hoe om hulle op ‘n kragtige wyse te bearbei (Jakobus 1:5). Laastens, ons moet onbeskroomd wees in ons werklike verkondiging van die evangelie. Ons moet die boodskap van redding deur Jesus Christus bekend maak (Romeine 10:9-10). Ons moet altyd gereed wees om ons geloof te verdedig (1 Petrus 3:15), maar ons moet dit met vriendelikheid en respek doen. Ons kan die leerstelling korrek verkondig, die oorlog van woorde wen, en steeds die saak skade berokken deur ‘n houding van driftige meerderwaardigheid.

Laastens, ons moet die redding van die wat ons bearbei aan God oorlaat. Dit is God se krag en genade wat mense red, nie ons pogings nie. Terwyl dit goed en wys is om gereed te wees om ‘n vurige verdediging toe te pas en om oor kennis van valse gelowe te beskik, sal niks hiervan lei tot die bekering van diegene wat in die leuens van kultusse en valse godsdienste vasgevang is nie. Die beste wat ons kan doen is om vir hulle te bid, die evangelie aan hulle te verkondig en Christelik voor hulle te lewe, met vertroue dat die Heilige Gees die werk sal doen om hulle nader te trek, te oorreed en te bekeer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die beste manier om die evangelie te verkondig aan iemand wat in ‘n kultus of valse godsdiens is?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries