settings icon
share icon
Vraag

Is ewige sekuriteit gebaseer op Bybelse gronde?

Antwoord


Wanneer mense Jesus as hulle Verlosser leer ken, bevind hul hulself binne ‘n verhouding met God wat hulle ewige sekuriteit waarborg. Judas verklaar in Judas 1:24: “ Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlike teenwoordigheid te stel met gejuig.” God se Almag is in staat om die gelowige van struikeling te bewaar. Dit hang van Hom af, en nie van ons nie, om ons voor sy heerlike teenwoordigheid te stel. Ons ewige sekuriteit is ‘n resultaat van God wat ons bewaar, nie van onsself wat ons eie verlossing handhaaf nie.

Die Here Jesus Christus het self aangekondig, "Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader wat hulle aan my gegee het, is groter as hulle almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.” (Johannes 10:28-29b). Beide Jesus en die Vader hou ons stewig in hulle hande vas. Wie op aarde kan ons dan hoegenaamd losruk uit die stewige greep van beide die Vader en die Seun?

In Efésiërs 4:30 vertel Paulus dat gelowiges “verseël is tot op die dag van verlossing.” Indien gelowiges nie hierdie ewige sekuriteit gehad het nie, sou hierdie verseëling nie waarlik geldig kon wees tot op die dag van verlossing nie, maar slegs tot op die dag van sonde, afvalligheid en ongeloof. Johannes 3: 15-16 vertel ons dat wie ookal in Jesus Christus glo, die “ewige lewe kan hê.” Indien iemand ewige lewe belowe sou word, net sodat dit weer van hom af weggeneem kon word, was dit in die eerste plek nooit “ewig” in die ware sin van die woord nie. Indien ewige sekuriteit nie ‘n werklikheid is nie, sal die beloftes van ewige lewe in die Bybel opsigself ‘n groot fout wees.

Die mees kragtige argument in die guns van ewige sekuriteit, vind ons in Romeine 8:38-39, “Want ek is oortuig dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomstige dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar is in Christus Jesus, ons Here nie.” Ons ewige sekuriteit is gebaseer op God se liefde vir diegene wat Hy verlos het. Ons ewige sekuriteit word verwerf deur Christus, belowe deur die Vader en verseël deur die Heilige Gees.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is ewige sekuriteit gebaseer op Bybelse gronde?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries