settings icon
share icon
Vraag

Wat is die gapingsteorie? Het enigiets tussen Gen 1:1 en 1:2 gebeur?

Antwoord


Gen 1:1-2 stel dit so, “In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.” Die gapingsteorie is van siening, gegrond op die fossiele-verslag, dat God ‘n ten volle funksionele aarde met alle diere, insluitend die dinosourus en ander kreature wat ons ken, geskep het. Dan gaan die teorie aan en is van mening dat iets die aarde heeltemal verwoes het – die mees erkende argument, is Satan se val op die aarde – in so ‘n mate dat die planeet vormloos en leeg geraak het. Op hierdie stadium het God alles oor begin en die aarde herskep in die paradysvorm, soos verder in Genesis beskryf. Die gapingsteorie, wat van die teïstiese evolusie en die dae-ouderdomsteorie onderskei word, word ook ou-aarde kreasionisme, gaping-kreasionisme en die ruïne-rekonstruksie-teorie genoem.

In die jong-aarde kreasionisme word Gen 1:1 as ‘n opsomming van die hele hoofstuk 1 in die Hebreeuse storievertel-vorm, gesien. God het die hemel en die aarde gemaak. Vers 2 begin dan ‘n gedetaileerde afbreek van die stap-vir-stap-proses, wat vers 1 opsom. Tog is die stelling dat die aarde onbewoonbaar en “donker op die diep waters”was (Gen 1:2) raaiselagtig. Die gedagte dat God ‘n onbruikbare aarde geskep het, is ‘n ongemaklike posisie vir sommige konserwatiewe teoloë en dit lei hulle na die gapingsteorie of ‘n ou-aardse perspektief.

Na aanleiding van die konserwatiewe aanhangers van die gapingsteorie, beskryf Gen 1:1 die oorspronklike skepping van God – volmaak in alles. Dan, tussen verse 1 en 2 het Satan in die hemel gerebelleer en is hy uitgewerp. Satan se sonde het die oorspronklike skepping “verwoes”; sy rebellie het die verwoesting en uiteindelike dood veroorsaak en dus is die aarde omskep tot die “formless and empty” toestand, gereed vir die “rekonstruksie”. Die tydsduur – die grootte van die “gaping” – word nie gespesifiseer nie, maar kon miljoene jare duur.

Doodseker moes Satan geval het voor Adam se val; anders sou daar geen versoeking in die tuin gewees het nie. Jong-aarde kreasioniste meen dat Satan een of ander tyd ná Gen1:31 geval het. Gaping-kreasioniste sê dat Satan tussen Gen 1:1 en 2 geval het.

Een probleem met die gapingsteorie is dat hulle beweer dat die skepping dood en verwoesting vóór Adam se val beleef het. Rom 5:12 sê, “Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.” Die gapingsteorie weerspreek homself deur twee wêrelde te verkondig. Satan se sonde het dood na die oorspronklike skepping toe gebring, hoe dit ookal sy; en Adam se sonde het dood na die herskepping gebring, die ryk van die mensdom. Deur Adam se sonde, het die boosheid in die wêreld gekom en die ryk van die mens is vervloek. Rebellie het toe reeds bestaan buite die ryk van die mensdom (in die spirituele ryk), aangesien Satan en sy engele toe reeds al geval het (Jes 14:12-14; Eseg 28:12-18). Sonde kon nie die menseryk betree, totdat die mens dit gekies het nie. Die Satan, via die slang, het die mens suksesvol versoek om sodoende daardie keuse te maak.

Besware ten opsigte van die gapingsteorie sluit die siening in, dat, indien iets belangriks tussen Gen 1:1 en 2 gebeur het, sou God dit vir ons gesê het, eerder om ons so te los om in onkunde te spekuleer. Gen 1:31 sê ook dat God verklaar het dat Sy skepping “baie goed” was – ‘n stelling wat moeilik ooreenstem met die teorie dat boosheid reeds bestaan het, as gevolg van Satan se val in die “gaping”.

Dit is moontlik om letterlik ‘n ses-dae-skeppingsweek aan te hang en steeds die gapingsteorie aan te hang – die gapingsteorie het nie evolusie nodig om waar te wees nie, aangesien die gaping voor die gebeure van Dag Een in Gen 1:3 ontstaan het. Dit is waarom sommige konserwatiewe geleerdes die gapingsteorie glo, alhoewel die aanvaarding sedert die dae van aanhangers C.I. Scofield en J. Vernon McGee afgeneem het.

Tog is daar baie van diegene wat die gapingsteorie aanhang, om sodoende ou-aardse, evolusionêre teorieë met die boek Genesis te versoen. Dit lyk egter na ‘n gespanne versoening. Slegs deur Gen 1 gewoonweg te lees, dui glad nie tydsverloop tussen die eerste twee verse aan nie. Gen 1:1 vertel vir ons dat God die hemel en die aarde geskep het. Gen 1:2 lig ons in dat, toe Hy die aarde aanvanklik geskep het, was dit “formless, empty and dark”; dit was onafgerond en onbewoonbaar. Die res van Gen 1 gaan dan aan deur te vertel hoe God die “formless, empty and dark “ aarde met lewe, skoonheid en goedheid gevul het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die gapingsteorie? Het enigiets tussen Gen 1:1 en 1:2 gebeur?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries