Vraag
Wat is die geestelike gawe van genesing?
Antwoord
Die geestelike gawe van genesing is die bonatuurlike manifestasie van die Gees van God wat wonderwerkend genesing bring en vrymaking van siekte en /of gebreklikheid. Dit is die krag van God wat die werk van sonde en/of die duiwel in die menslike liggaam vernietig, soos die genesings wat Jesus en die dissipels gedoen het (Matt 4:24; 15:30; Hand 5:15-16; 28:8-9). Die gawe van genesing, aan die kerk gegee, word hoofsaaklik in 1 Kor 12 genoem, waar die geestelike gawes gelys word.
Geestelike gawes is kragte, vaardighede of kennis deur God gegee deur die Heilige Gees aan Christene. Paulus vertel aan die kerk dat die doel van geestelike gawes is, om ander gelowiges op te bou en bo alles, God te eer. God gee hierdie gawes vir Sy gebruik, maar in die kerk van Korinte, was hulle klaarblyklik ‘n tipe statussimbool of was gebruik om hoër gesag aan te dui. Interessant dat 1 Kor 12:9 verwys na die “gawes” van genesing in die meervoud, wat kan aandui dat daar verskillende gawes van gesondmaking is. Dit kan beteken dat daar ‘n baie wye reeks van vermoëns is. Dit kan wees van die krag om wonderwerkend of dramaties te genees, soos om ‘n lam persoon te laat loop of die gebruik of verstaan van medikasie. Dit kon selfs die vermoë wees om simpatie te beoefen en liefde teenoor ander te leef, tot die punt van genesing van ‘n emosionele wond.
Daar was baie debat oor die gebruik van die geestelike gawe van genesing onder Christene. Sommige glo dat die gawe van genesing en sommige van die ander nie meer hedendaags in werking is nie, terwyl ander glo dat die wonderwerkende gawes steeds gebruik word. Natuurlik was die krag om te genees nooit in die begaafde persoon self nie. Die krag van genesing kom van God en God alleen. Alhoewel God nog steeds genees, glo ons dat Sy genesing deur die gawe van gesondmaking hoofsaaklik aan die apostels van die eerste eeuse kerk behoort het, om te bevestig dat hul boodskap van God af gekom het (Hand 2:22; 14:3).
God doen steeds wonderwerke.God genees steeds mense. Niks verhoed God om iemand te genees deur die bediening van iemand anders nie. Tog lyk dit asof die wonderwerkende gawe van genesing as ‘n geestelike gawe, nie vandag meer funksioneer nie. God kan sekerlik intree op enige manier wat Hy sien dat dit pas, óf dit ‘n “normale” optrede is óf deur ‘n wonderwerk. Ons verlossing is opsig self ‘n wonderwerk. Ons was dood in die sonde, maar God het in ons lewens ingekom en ons nuwe skepsels gemaak (2 Kor 5:17). Dit is die grootste genesing van almal!
English
Wat is die geestelike gawe van genesing?