settings icon
share icon
Vraag

Wat is die geestelike gawe van lering?

Antwoord


Die geestelike gawe van onderrig is een van die gawes van die Heilige Gees (Rom 12:6-8; 1 Kor 12:28; Ef 4:1-12). Dit is ‘n gawe wat deur die Heilige Gees gegee word en iemand toerus om effektief te kommunikeer oor die waarhede van die Bybel. Dit word baie dikwels, maar nie altyd nie, gebruik in die konteks van die plaaslike kerk. Die gawe van lering sluit in die analise en proklamering van die Woord van God, deur die betekenis van die konteks te verduidelik en die toepassing daarvan op die hoorder se lewe. Die begaafde leraar is een wat die unieke vermoë het om duidelik kennis oor te dra en te kommunikeer, veral die doktrines van die geloof en waarhede van die Bybel.

God het die geestelike gawes gegee om Sy kerk op te bou. Paulus het die kerk van Korinte geleer om te soek om Christus se kerk op te bou en aan hulle vertel dat aangesien hulle “ywerig” was om geestelike gawes te besit, hulle moet “streef….na dié wat tot opbou van die gemeente dien, sodat julle daarin kan uitmunt” (1 Kor 14:12). ‘n Geestelike gawe (“charismata” in Grieks) is ‘n bonatuurlike, Godgegewe vermoë om ‘n bediening tot stand te bring vir die opbou van die liggaam van Christus. Dit is uit genade deur God gegee en kan nie verdien word nie. ‘n Geestelike gawe kan ontwikkel word, maar dit vereis ‘n bonatuurlike vermoë om dit te beoefen. Een van hierdie gawes is onderrig.

Die Griekse word vir “teach” is “didaskalos” wat beteken “om te onderrig.” Ons sien voorbeelde regdeur die Bybel hiervan. Jesus Self was die Groot Leermeester en Hy het Sy dissipels in Matt 28:19-20 beveel: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Jesus het Sy dissipels opdrag gegee om nuwe dissipels te maak en hulle alles te leer wat Hy gesê het, deur hulle leiding te gee in beide doktrine en om heilig te lewe. Christus se bedienaars moenie die gebooie van mense of enigiets van hul eie of ander mense se versinsels oordra nie, maar slegs wat deur Christus geleer is.

Daar is verskeie kontekste waarin die gawe van lering gebruik kan word: Sondagskoolklasse, Bybelskole, kolleges, seminare en tuisbybelstudies. Die een met die gawe kan óf individue óf groepe leer. ‘n Persoon met die natuurlike talent om onderrig te gee, kan enigiets oordra, maar iemand met die geestelike gawe van onderrig dra die inhoud van die Bybel oor. Hy kan die boodskap van ‘n boek as ‘n geheel oordra of dit opbreek in individuele paragrawe of verse. Geen nuwe materiaal ontstaan deur iemand met die gawe van lering nie. Die leraar verduidelik eenvoudig of verklaar die betekenis van die Bybelteks. Onderrig is ‘n bonatuurlike gawe van die Heilige Gees. Iemand sonder hierdie gawe kan die Bybel verstaan soos hy dit lees of hoor, maar hy kan dit nie verduidelik soos iemand mét die gawe nie. Alhoewel dit kan ontwikkel, is ‘n geestelike gawe van leraar nie iets wat geleer of verkry kan word , soos met ‘n kollegegraad nie. Iemand met ‘n Ph.D, maar sonder die gawe van leraar, sal nie by magte wees om die Bybel uit te lê soos een sonder ‘n graad, maar wat die gawe van onderrig besit nie.

In Ef 4:11-12 gee Paulus ‘n lys van fundamentele gawes vir die opbou van die plaaslike kerk. Die gawes word gegee vir die opbou van die liggaam van Christus. In vers 11 word leraars gekoppel aan pastore. Dit dui nie noodwendig op een gawe nie, maar dit wil voorkom asof dit impliseer dat die pastoor ook ‘n leraar is. Die Griekse woord vir pastoor is “poiemen” en beteken “herder.” ‘n Pastoor is iemand wat omgee vir sy mense op dieselfde wyse as ‘n herder omgee vir sy skape. Netsoos ‘n herder vir sy skape kos voorsien, het die pastoor ook die verantwoordelikheid om mense die geestelike voedsel van God se Woord te leer. Die kerk word opgebou deur die gawe van lering te gebruik, wanneer mense na die Woord van God luister en hoor wat dit beteken en hoe om dit op hul eie lewens toe te pas. God het baie toegerus met hierdie gawe om mense op te bou in hul geloof en hulle te help om te groei in alle wysheid en kennis (2 Pet 3:18).

Hoe kan Christene weet of hulle hierdie gawe het? Hulle moet begin om vir God te vra vir geleenthede om onderrig te gee by ‘n Sondagskoolklas of Bybelstudie, onder die toesig en leiding van ‘n begaafde leraar. Indien hulle ontdek dat hulle die betekenis van die Bybel kan verklaar en ander dit goed ontvang, het hulle waarskynlik die gawe en moet hulle vir God vra vir meer geleenthede om hul gawe te gebruik en te ontwikkel.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die geestelike gawe van lering?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries