Vraag
Wat is die geestelike gawes vir die woord van wysheid en die woord van kennis?
Antwoord
Daar is drie lyste van geestelike gawes in die Skrif (Rom 12:6-8; 1 Kor 12:4-11; 1 Kor 12:28), maar net een van hulle maak melding van die gawes waarna verwys word as wysheid en die woord van kennis (1 Kor 12:8). Daar is baie verwarring oor wat hierdie twee gawes inhou. Miskien is die beste manier om dit te benader as ons beskryf wat hierdie gawes nie is nie.
Sommige Charismate/Pinksterkerke beskou die woord van kennis en woord van wysheid geestelike gawes soos die Heilige Gees van een gelowige na ‘n ander praat, deur openbaring te gee, rakende ‘n besluit of situasie. Hulle wat hierdie gawes op so ‘n manier gebruik, sal dikwels iets soos die volgende sê, “Ek het ‘n woord van die Here vir jou.” Deur so te doen, maak hulle daarop aanspraak dat God dit gesê het en dat hul woorde streng gehoorsaam moet word.
Hierdie begrip van woord van kennis en woord van wysheid gawes kom gevaarlik naby aan ontkenning van die doktrine van die toereikendheid van die Skrif. Indien God voortgaan om Sy wil en wysheid deur spesiale openbaring aan individue te openbaar, kan Sy Woord dan werklik toereikend wees, sodat ons “volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk” (2 Tim 3:17)? Het God waarlik vir ons alles gegee wat ons nodig het vir lewe en godvresendheid (2 Pet 1:3), as ons ander individue benodig om vir ons spesiale openbaring vanaf God te gee? Dit is nie te sê dat God nooit ‘n ander persoon gebruik om met ons te praat nie, maar as ons dikwels direkte boodskappe van God af benodig, deur ander mense om sodoende ons lewens te leef, is God se Woord dan werklik genoegsaam, soos dit self verklaar dat dit is?
As die woord van wysheid en die woord van kennis nie profeties/openbarende gawes is nie, wat is hulle dan? Ons weet een ding verseker: hierdie gawes is deur die Gees gegee om die liggaam van Christus op te bou (edify), “tot voordeel van almal” (1 Kor 12:7). Die verwoesting wat so dikwels in kerke voortvloei wat die woord van kennis en wysheid beoefen as openbarende gawes, is duidelik nie tot almal se voordeel nie. Verwarrende, vae en soms teenstrydige “woorde van die Here” kom nie van God af nie, want Hy is nie ‘n God van wanorde of verwarring nie (1 Kor 14:33). Hulle poog ook nie om Christene bymekaar te bring vir hul opbou nie; aan die ander kant veroorsaak hulle verdeling en onmin in die liggaam. Dikwels word die woord van kennis en/of woord van wysheid gawes gebruik om krag en invloed oor ander mense te verkry, om ander afhanklik te maak van die een wat aanspraak maak om daardie gawes te besit. Hierdie misbruik van die twee gawes is duidelik nie van God nie.
Met dit in gedagte, bied ons hierdie definisies van die woord van kennis en woord van wysheid geestelike gawes:
Die woord van wysheid – Die feit dat hierdie gawe beskryf word as die “woord” van wysheid, dui dit aan dat dit een van die sprekende gawes is. Hierdie gawe beskryf iemand wat bybelse waarheid kan verstaan en op so ‘n wyse spreek, om dit met vaardigheid en alle onderskeiding toe te pas op situasies in die lewe.
Die woord van kennis – Ook ‘n sprekende gawe wat begrip insluit van die waarheid, met ‘n insig wat slegs kom deur openbaring van God af. Hulle met dié gawe van kennis, verstaan die diep dinge van God en die misteries van Sy Woord.
English
Wat is die geestelike gawes vir die woord van wysheid en die woord van kennis?