Vraag
Wat is ‘n gebedslabirint? Is gebedslabirinte bybels?
Antwoord
‘n Labirint is ‘n pad wat lei, deur ‘n pad met draaie, tot by die middelpunt van ‘n verwikkelde ontwerp en weer terug en uit. ‘n Labirint se pad is “unicursal”, wat beteken dat dit net een enkele pad het. Anders as ‘n doolhof, is ‘n labirint ontwerp vir die verligting van navigasie en is dit onmoontlik om daarin verlore te raak.
‘n Gebedslabirint word gebruik om gebed te vergemaklik, meditasie, geestelike transformasie en/of globale eenheid. Die beroemdste gebedslabirinte deesdae sluit ‘n antieke een in die katedraal van Chartres, Frankryk in, ‘n ander in die katedraal van Duomo di Siena, Tuscany en twee is behou by Grace Katedraal, ‘n episkopatiese kerk in San Francisco. Terwyl gebedslabirinte in die Katolieke katedrale vir eeue gebruik is, is daar in die laaste dekade ‘n herlewing van hul populariteit, veral binne-in die Opkomende Kerk en tussen die New Age groepe en neo-paganisme.
Labarinte is gebruik deur ‘n wye verskeidenheid van kulture vir ten minste 3500 jaar. Getuienisse van antieke labirinte bestaan in Kreta, Egipte, Italië, Skandinawië en Noord-Amerika. Antieke labirinte het gewoonlik, wat genoem word “klassieke” ontwerp of sewe ringe of sirkels, Hulle was beslis heidens in hul werking: baie was aan ‘n godin gewy en in rituele danse gebruik. Die Hopi Indiane het die labirint gesien as ‘n simbool van Moeder Aarde en die honderde labirinte van klip langs die Skandinawiese kuslyn was gebruik as magiese vangstrikke vir trolle en bose kronkels om veilige visvangs te verseker.
In die Middeleeue het die Katolieke Kerk die labirint aangepas vir hul eie doelwitte binne-in die katedrale. Die klassieke vorm het plek gemaak vir ‘n meer ingewikkelde ontwerp van 11 kringe in 4 kwadrante, gewoonlik genoem die “middeleeuse” ontwerp. Binne-in die Katolisisme kon die labirint verskeie dinge simboliseer: die harde en kronkelpad na God toe, ‘n mistieke hemelvaart en verligting of ‘n pelgrimstog na Jerusalem, vir hulle wat nie die werklike reis kon maak nie.
Die moderne “herontdekking” van die labirint en die gebruik daarvan in die kerkopset, is gevier deur groepe soos The Labyrinth Society en Veriditas en The World-Wide Labyrinth Project. Volgens hierdie groepe, is die labirint ‘n “goddelike afdruk,” ‘n “mistieke tradisie,” ‘n “heilige pad,” en ‘n “heilige deurgang.” Die vermelde doel van Veriditas is “om die menslike gees te transformeer,” deur “die Labirint Ervaring as ‘n persoonlike oefening te gebruik vir genesing en groei, ‘n gereedskap vir gemeenskapsbou, ‘n agent vir globale vrede en ‘n metafoor vir die opbloei van die Gees in ons lewens” (van die offisiële Veriditas webtuiste).
Volgens Veriditas, bestaan die stap in ‘n gebedslabirint uit 3 stadiums: reiniging (suiwering, laat gaan), verligting (ontvang) en eenwording (terugkoms). Suiwering gebeur as jy na die senter van die labirint beweeg. Gedurende hierdie stadium stort jy die kommer en die lewe se afleidings uit en open die hart en gedagtes. Verligting vind plaas in die senter van die labirint; dit is die tyd om te “ontvang wat daar vir jou is,” deur gebed en meditasie. Eenwording gebeur as jy die labirint uitgaan en dit sluit in “om by God, jou Hoër Krag of die genesende magte wat in die wêreld aan die werk is,” aan te sluit.
Voorstanders van gebedslabirinte praat daarvan om verlig te raak, deur die labirint te gebruik, herbelyn te raak met die heelal en al hoe meer bekragtig te word om jouself te leer ken en die werk van die siel te volbring. Sommige, soos dr Lauren Artress, president van Veriditas, praat ook van die “baie vlakke van bewussyn” wat die aanbidder in ‘n labirint raak, insluitende die bewussyn dat hy “een van daardie pelgrims is wat vroeër tye gestap het. Dit voel asof dit van ‘n ander tyd is; dit voel nie asof in hierdie lewe van nou nie” (vanaf ‘n onderhoud met dr Lauren Artress op die offisiële Veriditas webtuiste).
Miskien as ‘n terugkaatsing op die ou godin se aanbidding, bevat baie gebedslabirinte vroulike simbole in die senter. Dr Artress erken die simbolisme en praat vryelik van kontak maak met die “heilige vroulike geslag” in ‘n labirint en van die behoefte om God te sien as beide ‘n “hom” en ‘n “haar.”
Is gebedslabirinte bybels? Nee, dit is nie. Dit word nooit in die Bybel genoem nie en staan ook in konflik met verskeie bybelse beginsels van aanbidding en gebed.
God soek diegene wat Hom in gees en waarheid wil aanbid (Joh 4:24; Fil 3:3; Ps 29:2). Voorstanders van gebedslabirinte praat van “liggaams-aanbidding” en die doel om al vyf sintuie in diens van aanbidding te stel. Liggaamlike aanbidding is nie ‘n bybelse konsep nie. Ons lewe deur geloof, nie deur dit wat ons sien nie en aanbidding is nie ‘n sintuiglike, fisiese aktiwiteit nie; aanbidding is ‘n saak van die hart, wat uitgedruk word in lofprysing en diens aan God. Vir die Nuwe Testamentiese gelowige, het aanbidding niks te doen met eksterne valstrikke soos die brand van kerse, om te kniel voor ‘n altar of om in sirkels te stap nie.
Gebed is nie om rituele te beoefen nie (Matt 6:5-8). Dr Artress sê dat “rituele die siel voed” en beveel herhaalde, gereelde reise deur die labirint aan. Indien rituele werklik kos vir die siel was, dan sou die Fariseërs in Jesus se tyd die besgevoede siele gewees het wat geleef het – na alles het hul godsdienstige stelsel in rituele en tradisie ontaard. Tog het Jesus hulle op meer as een geleentheid aangespreek vir die doodsheid en skynheiligheid van hul godsdiens (Matt 15:3; Mark 7:6-13).
Elke gelowige het die gees van God (1 Kor 2:16). Baie wat die labirinte stap, soek spesiale insig, nuwe openbaring of ‘n ontdekking van “die God wat binne-in ons woon.” So ‘n klem wat geplaas word op mistisisme en esoteriese kennis kom gevaarlik na-aan Gnostisisme en New Age denkrigtings. Die Christen het geen behoefte aan mistieke gebeure of ekstra bybelse openbaring nie: “Julle is egter deur Christus gesalf met die Heilige Gees en julle ken almal die waarheid” (1 Joh 2:20).
God is naby elkeen wat Hom in waarheid aanroep (Ps 145:18; Hand 17:27). Geen ritueel, insluitende om in ‘n labirint te stap , kan iemand nader aan God bring nie. Jesus is die weg (Joh 14:6). Belydenis en geloof is wat benodig word (Hand 20:21).
Die Bybel is voldoende om die Christen heilig, wys en volkome toegerus te maak vir sy werk in die wêreld (2 Tim 3:15-17). Om te sê, dat om sodoende ware krag te vind, moet ons mistisisme of tradisie tot die Bybel toevoeg, is om God se Woord en die Gees se werk af te kraak daardeur.
Volgens die geskiedenis het labirinte hul ontstaan in die heidendom gevind, en geïnkorporeer by die Katolisisme. Nou word hulle bevorder deur die Emergent Church en ander wat soek na ‘n ope spiritualiteit, weg van die Bybel. Paulus se waarskuwing aan die kerk is om gefokus te bly op Jesus en leë rituele te vermy: “Pasop dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie” (Kol 2:8).
English
Wat is ‘n gebedslabirint? Is gebedslabirinte bybels?