Vraag
Wat is die geestelike gawe van die interpretasie van talespraak?
Antwoord
Saam met die gawe van spreek in tale, word ‘n ander geestelike gawe genoem in 1 Kor 12:10 – die gawe om die talespraak te interpreteer. Dit is die vermoë om ‘n vreemde taal te vertaal in die taal van die toehoorders. Dit is ‘n aparte gawe, maar dit lyk asof dit gebruik word in verband met die spreek van tale.
Die gawe van taalspraak was die bonatuurlike vermoë om ‘n vreemde taal te praat wat die taalspreker nooit geleer het nie. Ons sien hierdie gawe in Hand 2:4-12, toe die Jode in Jerusalem die evangelie gehoor preek het in ‘n wye verskeidenheid van tale. ‘n Persoon met die gawe om taalspraak te interpreteer, kon toe verstaan wat die taalspreker sê, alhoewel hy nie die taal geken het, waarin gepraat was nie. Hierdie tekort aan voorafkennis van ‘n taal is wat die geestelike gawe onderskei van die natuurlike gawe van by magte kan wees om te verstaan en om in verskeie tale te kan praat. Die taalspraak-interpreteur kon die taalspreker hoor en dan die boodskap aan enigeen teenwoordig kommunikeer, wat nie die taal kon verstaan nie. Die doel was dat almal kon verstaan en voordeel trek van die waarheid wat gespreek was. Volgens die apostel Paulus en in ooreenstemming met die tale in Handelinge beskryf, was die gawe van praat in tale bedoel om God se boodskap direk aan ‘n ander persoon te kommunikeer, in sy/haar moedertaal. Natuurlik, indien die teenwoordiges nie die taal wat gepraat word, kon verstaan nie, was spreek in tale nodeloos – en dit is wat die taalspraak-interpreteur of taalspraak-vertaler nodig gemaak het. Die doel was om die kerk op te bou (1 Kor 14:5,12).
Een van die probleme in die kerk van Korinte was dat die taalspraak-sprekers in die diens gepraat het en so hul gawe van taalspraak beoefen het, met geen interpreteerder nie en met niemand teenwoordig wat daardie taal kon praat nie. Die resultaat was dat die taalspraak-spreker aandag gesoek het, maar sy woorde was betekenisloos, aangesien niemand hom kon verstaan nie. Paulus het sterk aanbeveel dat alle gebruik van taalspraak in die kerk geïnterpreteer moes word: “Maar in die byeenkoms van die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook ander te onderrig, as duisend woorde in ongewone tale of klanke” (1 Kor 14:19). Daar was geen voordeel vir ander kerklidmate om iets te hoor wat hulle nie kon verstaan nie. Deur die gawe van spreek in tale in die kerk te beoefen, eenvoudig vir dié rede om aan almal te wys dat jy die gawe besit, was verwaand en sonder enige bate. Paulus het aan die Korintiërs gesê dat, sou twee of drie in tale wou spreek in ‘n byeenkoms, dan moet daar ‘n taalspraak-interpreteur met dié gawe teenwoordig wees: “As daar nie iemand is wat dit kan uitlê nie, moet dié een wat ongewone tale of klanke gebruik, stilbly in die byeenkoms van die gemeente en net tuis met homself en met God praat” (1 Kor 14:28).
Die temporele aard van die gawe om in tale te praat, impliseer dat die gawe van die interpretasie van taalspraak ook van ‘n temporele aard was. Indien die spreek in tale vandag nog aktief in die kerk was, sou dit in ooreenstemming met die Woord wees. Dit sou ‘n regte en verstaanbare taal moet wees (1 Kor 14:10). Dit sou wees vir die doel om God se Woord aan iemand met ‘n ander taal te kommunikeer (Hand 2:6-12) en dit sou “gepas en ordelik geskied” (1 Kor 14:40), “God is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede” (1 Kor 14:33).
English
Wat is die geestelike gawe van die interpretasie van talespraak?