settings icon
share icon
Vraag

Wat is die geestelike gawe van barmhartigheid?

Antwoord


In Jesus se Bergpredikasie sê Hy in een van die salisprekinge: “Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word” (Matt 5:7). Barmhartigheid is wat ons openbaar, as ons deur God gelei word om deernisvol in ons optrede, woorde en handelinge te wees. Dit is meer as net simpatie te toon teenoor iemand; dit is liefde leef. Barmhartigheid begeer om die onmiddellike behoeftes van ander aan te spreek en lyding, eensaamheid en hartseer te verlig. Barmhartigheid spreek fisiese, emosionele, finansiële of geestelike krisis aan met hartlike selfopofferende diens. Barmhartigheid is ‘n kampioen van die eensames, armes, verstotenes, vergetenes en tree dikwels namens hulle op.

‘n Goeie voorbeeld word in Matt 20:29-34 gevind: “Toe hulle uit Jerigo uitgaan, het ‘n groot menigte Jesus gevolg. Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: ‘Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!’ Die mense het met hulle geraas en gesê hulle moet stilbly, maar hulle het al harder geroep: ‘Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!’ Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: ‘Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?’ Hulle sê toe vir Hom: ‘Here, dat ons oë oopgaan.’ Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.” Let op dat die blinde manne nie barmhartigheid met ‘n gevoel geassosieer het nie, maar met ‘n handeling. Hul fisiese probleem was dat hulle nie kon sien nie, vir hulle was die optrede van barmhartigheid dus Christus se toetrede om hul sig te herstel. Barmhartigheid is meer as ‘n gevoel; dit word altyd gevolg deur ‘n handeling.

Hierdie gawe het ‘n praktiese aanwending van aktiewe diens, sowel as ‘n verantwoordelikheid om dit met blymoedigheid te doen (Rom 12:8). Daarbenewens is ons almal geroep om barmhartig te wees. Jesus sê in Matt 25:40 “Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.” Matt 5:7 beloof barmhartigheid aan hulle wat barmhartig is teenoor ander. As geestelik dood en blinde sondaars, is ons nie beter af as die twee blindes in Matt 20 nie. Netsoos hulle totaal afhanklik was van Christus se ontferming om hul sig te herstel, so is ons ook afhanklik van Hom om weer vir ons die lewe nuut te maak (Ps 85:7). Hierdie rotsvaste begrip dat ons hoop afhang van Christus se barmhartigheid alleen en nie op enige meriete van onsself nie, moet ons inspirer om Christus se voorbeeld van medelye en diens te volg en barmhartigheid aan ander te betoon, soos Hy dit aan ons as voorbeeld gestel het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die geestelike gawe van barmhartigheid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries