Vraag
Wat is die gawe van bemoediging?
Antwoord
Die gawe van bemoediging of aansporing word gevind in Paulus se lys van gawes in Rom 12:7-8. Die vertaalde woord “encouragement” of “exhortation” is die Griekse word paraklésis, en hou verband met die woord paraclete. Paraklésis beteken basies “a call to one’s side.”
Paraklésis dra die gedagte om iemand naby, teenaan te bring, om sodoende te bemoedig, aan te spoor, aan te dring op, vreugde te gee en hom/haar te vertroos. Al hierdie aksies dui op die gawe van bemoediging. Byvoorbeeld, Paulus het dikwels sy lesers aangespoor en aangdring dat hulle moes doen wat hy geskryf het. ‘n Goeie voorbeeld is Rom 12:1-2, waar Paulus die Romeine aanspoor om hul liggame as lewende offers aan God te gee. Deur dit te doen, sou hulle God se wil ken en verstaan.
Interessant, toe Jesus met Sy dissipels gepraat het die nag toe Hy gearresteer was, het Hy van die Heilige Gees gepraat as die “Voorspraak” of “Trooster” (Joh 14:16, 26; 15:26), en dit is waarom soms na die Heilige Gees verwys word as die “Paraclete,” die Een wat langs ons beweeg om ons aan te spoor en te bemoedig.
Iemand met die gawe van bemoediging kan sy gawe gebruik in beide publieke en private plekke. Bemoediging is bruikbaar in berading, dissipelmaking, leierskap en prediking. Die liggaam van Christus is opgebou as ‘n resultaat van die bediening van hulle met die gawe van bemoediging.
Die gawe van bemoediging of aansporing verskil van die gawe van onderrig, want aansporing is gerig op die praktiese toepassing van die Bybel. Terwyl een met die gawe van onderrig, is meer gerig op die betekenis en inhoud van die Woord. Hy of sy is verwant aan ander, in groepe en individueel, met begrip, simpatie en positiewe leiding. Onderrig sê, “ Dit is die pad wat jy moet loop;” bemoediging sê, “Ek sal jou help om daardie pad te loop.” Iemand met die gawe van bemoediging kan iemand anders help om te beweeg van pessimisme na optimisme.
Waarskynlik die beste bybelse voorbeeld van iemand met die gawe van bempoediging, is Barnabas. Sy regte naam was Josef, maar die apostels het hom “Barnabas” genoem, wat beteken “iemand wat mense moed inpraat” (Hand 4:36). Ons sien in Hand 9:27 hoe Barnabas langs die nuut bekeerde Paulus stap en hom bekendstel aan ‘n kerk met wie hulle omsigtig moet omgaan. In Hand 13:43 bemoedig Barnabas die gelowiges om voort te gaan in die genade van God. In Hand 15:36-41 kies Barnabas vir Johannes wat ook Markus genoem was as bedienings-vennoot, ten spyte daarvan dat Markus ‘n vorige sendingpoging in die steek gelaat het. Met ander woorde, Barnabas het hom ‘n tweede kans gegee. Regdeur Barnabas se bediening het hy die gawe van bemoediging uitgeleef, deur ander na hom te roep om hul te help, te vertroos en hulle te bemoedig om meer effektief vir Christus te raak.
English
Wat is die gawe van bemoediging?