settings icon
share icon
Vraag

Wat is die geestelike gawe van geloof?

Antwoord


Die geestelike gawe van geloof word genoem in die lys van die gawes in 1 Kor 12. Vers 9 sê dat sommige mense die gawe van geloof ontvang het, maar die gawe word nie spesifiek verduidelik nie. Alle gelowiges het reddende geloof deur God gekry, as die enigste wyse om verlos te raak (Ef 2:8-9), maar nie alle gelowiges het die geestelike gawe van geloof gekry nie. Soos al die gawes van die Heilige Gees, was die geestelike gawe van geloof gegee tot die “voordeel van almal,” wat beteken vir die opbou van die liggaam van Christua (1 Kor 12:7).

Die gawe van geloof kan gedefinieer word as die spesiale gawe waardeur die Gees Christene voorsien met buitengewone vertroue in God se beloftes, krag en teenwoordigheid, om sodoende met dapperheid op te staan vir die toekoms van God se werk in die kerk. Die geestelike gawe van geloof word vertoon deur een wat ‘n sterk en onwankelbare vertroue in God, Sy Woord en Sy beloftes het. Voorbeelde van sulke mense word gelys in Hebreërs 11. Hierdie hoofstuk, dikwels genoem “the hall of faith,” beskryf hulle wie se geloof buitengewoon was, deur hulle in staat te stel om buitengewone, bomenslike dinge te doen. Hier sien ons dat Noag ongeveer 120 jaar lank ‘n enorme boot gebou het en tot op daardie tyd het dit nie gereën nie en Abraham het geglo dat hy die vader van ‘n kind sou word, toe sy vrou se natuurlike vermoë om kinders in die wêreld te bring, al op ‘n einde was. Sonder die spesiale gawe van geloof van God, sou sulke dinge onmoontlik wees.

Soos met al die geestelike gawes, is die gawe van geloof gegee aan sommige Christene wat dit dan gebruik om ander op te bou in die liggaam van Christus. Hulle met die geloofsgawe is ‘n inspirasie vir hul medegelowiges, deur ‘n eenvoudige vertroue in God te stel, wat vertoon word in alles wat hulle sê of doen. Buitengewone gelowige mense leef in nederige godvresendheid en vertroue op God se beloftes, dikwels só baie dat hul bekend staan vir stille vreesloosheid en ywer. Hulle is so oortuig dat alle struikelblokke ten opsigte van die Evangelie en God se planne oorkom sal word en dat God die vooruitgang van Sy rede sal verseker en dat hulle dikwels baie meer doen in die bevordering van Sy Koninkryk, as die mees talentvolle en geleerde predikers en leermeesters. Om saam te vat, God gee aan alle Christene reddende geloof. Die geestelike gawe van geloof word aan sommige gegee, wat buitengewone hoeveelhede van geloof toon in hul Christelike lewe en wat deur hul geloof ‘n vreugde en bemoediging vir ander is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die geestelike gawe van geloof?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries