settings icon
share icon
Vraag

Wat is die geestelike gawe van hulpbetoon (barmhartigheid)?

Antwoord


Die geestelike gawe van barmhartigheid word gevind in die geestelike gawelys in die Bybel. Die Griekse woord word vertaal as “helps” (1 Kor 12:28) en word slegs daar in die Nuwe Testament gevind; dus is die presiese betekenis daarvan ietwat onduidelik. Die woord wat as “helps” vertaal word, beteken letterlik “to relieve, succour, participate in, and/or support.” Diegene met die gawe van barmhartigheid is hulle wat met passie en ontferming bystand kan verleen aan ander in die kerk. Hierdie gawe het ‘n breë spektrum van aanwendings, deur individue te help met daaglikse takies tot hulpverlening in die administrasie van kerksake.

Hulpverlening aan die liggaam van Christus kan ‘n verskeidenheid van vorms aanneem. Sommige sien dit as gawe van hulle wat gewillig is om te help met selfs die mees alledaagse en onaangename take, met ‘n gees van nederigheid en ontferming. Helpers is dikwels hulle wat aanbied om gereeld rondom die kerkgeboue en –grond te werk, dikwels op beskeie wyse. Ander sien hierdie gawe weer as hulpverlening aan die weduwees en ouer mense of families, om daaglikse take by te bring, en ook in areas waar hulp benodig word. Hierdie helpers leef hul gawe uit deur te help en te ondersteun, oral waar nood is in die liggaam van Christus.

Daar is miskien ‘n dieper betekenis in die geestelike gawe van hulpbetoon. Aangesien dit een van die geestelike gawes van die Heilige Gees is, waar almal gegee is vir die opbou van die liggaam van Christus, is die geestelike aspek hiervan miskien selfs belangriker as die praktiese aspek. Mense met hierdie gawe het die unieke vermoë om daardie mense te identifiseer met twyfel, vrese en ander geestelike stryde. Hulle besoek daardie persone in geestelike nood met ‘n sagte woord, ‘n begrip en passievolle benadering en die unieke vermoë om bybelse waarheid te kommunikeer met oortuiging en liefdevolle omgee. Hul woorde is soos “goue appels wat in silwer gemonteer is” (Spreuke 25:11) aan diegene wat geestelik swak en uitgeput is. Hierdie hulpvaardige Christene kan angs en ontsteltenis in die terneergedrukte hart met blymoedige en hoopvolle woorde van waarheid en blydskap bring.

Prys God dat Hy ons so goed ken. Hy ken al ons behoeftes en uitdagings en het die gawe van barmhartigheid aan spesiale individue gegee, wat in medelye, genade en liefde optree teenoor ander wat hulle teëkom. Hierdie kosbare heiliges kan die hart lig deur te help om ‘n verskeidenheid van laste te dra, wat ons nie kan nie en nie alleen hoef te dra nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die geestelike gawe van hulpbetoon (barmhartigheid)?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries