settings icon
share icon
Vraag

Wat is die geestelike gawe van leierskap?

Antwoord


Die Bybel bespreek die bedoeling vir die kerk om take uit te voer, die plaaslike gemeente te ontwikkel, die behoeftes van die gemeenskap te bedien en dit te help vestig as ‘n getuienis. Die Bybel beskryf hierdie take as geestelike gawes, waarvan een die gawe van leierskap is. Hierdie gawe in die plaaslike kerk verskyn in twee gedeeltes: Rom 12:8 en 1 Kor 12:28. Die Griekse woord vertaal as “rule” of “govern” in hierdie verse verwys na een wie aangestel is oor ander of wie lei of bestuur of wie bedien met ywer en omgee vir ‘n ding. In 1 Tess 5:12 word die woord gebruik in verband met dienaars in die algemeen: “Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys.” Hier is die woord vertaal as “over you.”

Alles maak opgang en val met leierskap. Hoe meer effektief en bekwaam die leierskap is, hoe beter vorder die organisasie en hoe meer is daar potensiaal wat groei bevorder. In Rom 12:8 dui die woord vertaal as “ruler” op omgee en meelewing, met verwysing na die plaaslike kerk. Die leier moet ag gee op sy werk, met volgehoue toewyding, wat beteken om toesig te hou oor die kudde en gereed te wees om persoonlike gemak op te offer, om na die behoeftes van die skape om te sien.

Daar is verskeie karaktereienskappe van hulle met die geestelike gawe van leierskap. Eerstens en die belangrikste, hulle erken dat hul posisie deur die aanstelling van die Here en onder Sy leiding geskied. Hulle verstaan dat hulle nie absolute leiers is nie, maar hulself onderwerp aan die Een wat oor almal is, die Here Jesus, die Hoof van die kerk. Deur sy plek in die hiërargie van die administrasie van die liggaam van Christus te erken, weerhou die leier daarvan om te swig voor trots of ‘n gevoel van geregtigheid. Die ware Christenleier met hierdie gawe erken dat hy slegs ‘n slaaf van Christus is en ‘n dienaar van hulle wat hy lei. Die apostel Paulus erken hierdie posisie, deur na homself te verwys as “‘n dienaar van Christus Jesus” (Rom 1:1). Soos Paulus, erken die begaafde leier dat God hom geroep het om sy posisie te beklee; hy het nie homself geroep nie (1 Kor 1:1). Deur Jesus se voorbeeld lewe die begaafde leier om hulle te dien wie hy lei en nie om deur hulle gedien te word of oor hulle baas te speel nie (Matt 20:25-28).

Jakobus, die halfbroer van die Here Jesus, het die gawe van leierskap gehad, as leier van die kerk in Jerusalem. Hy het ook na homself verwys as “n dienaar van God en die Here Jesus Christus” (Jak 1:1). Jakobus het ‘n ander kwaliteit van geestelike leierskap vertoon – die vermoë om ander om te swaai om reg te dink, bybels en godvresend in alle gevalle. By die vergadering in Jerusalem het Jakobus gepraat oor die omstrede saak van hoe om met Heidene om te gaan, wat tot geloof in Jesus, die Messias, gekom het. “Toe hulle klaar was, sê Jakobus: ‘Broers, luister na my! Simon het verduidelik hoe dit God self is wat begin het om na die heidennasies om te sien deur vir Hom ‘n volk uit hulle te versamel’” (Hand 15:13-14). Met daardie openingswoord het Jakobus die afgevaardigdes gelei om helder en bybels te dink en hulle so gehelp om tot ‘n regte besluit oor hierdie saak te kom (Hand 15:22-29).

Soos herders van God se mense, lei begaafde leiers met ywer en besit die vermoë om te onderskei tussen ware geestelike behoeftes en “gevoelsbehoeftes.” Hulle lei ander na volwassenheid in die geloof.Die Christelike leier lei ander om te groei in hul vermoë om vir hulself te onderskei wat van God af kom teenoor wat kultureel of tydelik is. Deur Paulus se voorbeeld te volg, is die kerkleier se woorde nie “geleerdheid en welsprekendheid’ van die gesigspunt van menslike wysheid nie, maar is gevul met die krag van die Heilige Gees, deur ander te lei en te bemoedig, om hul geloof in daardie ware krag te plaas (1 Kor 2:4-6). Die doel van die begaafde leier is om hulle wie hy lei, te beskerm en te lei en “So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, Sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus” (Ef 4:13).

Die geestelike gawe van leierskap word deur God aan manne en vroue gegee, wat wil help dat die kerk groei en vooruitgaan, verby die huidige generasie. God het die gawe van leierskap nie gegee om mense te verhoog nie, maar om Homself te verheerlik, as gelowiges Sy gawes gebruik om Sy wil te doen.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die geestelike gawe van leierskap?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries