settings icon
share icon
Vraag

Wat is die geestelike gawe van onderskeidende geeste?

Antwoord


Die gawe van onderskeidende geeste of “onderskeie” geeste, is een van die gawes van die Heilige Gees soos beskrywe in 1 Kor 12:4-11. Soos al hierdie gawes, is die gawe van onderskeie geeste deur die Heilige Gees gegee, wat hierdie gawes versprei het aan gelowiges, vir diens in die liggaam van Christus. Elke gelowige het ‘n geestelike bevoegdheid vir ‘n spesifieke diens, maar daar is nie plek om self te kies nie. Die Gees deel geestelike gawes uit volgens die soewereiniteit van God en in ooreenkoms met Sy plan om die liggaam van Christus op te bou. Hy gee Sy gawes “soos Hy wil” (1 Kor 12:11).

Wanneer dit by die gawes van onderskeidende geeste kom, het elke wedergebore gelowige ‘n sekere mate van onderskeiding, wat meer word soos die gelowige in die Gees groei. In Hebr 5:13-14 lees ons dat ‘n gelowige wat gegroei het in Christus en nie meer die Woord gebruik soos ‘n baba wat melk nodig het om te groei nie, die vermoë het om te onderskei tussen goed en kwaad. Die gelowige wat steeds groei, word deur die Gees van God deur die Skrif bemagtig om die verskil te ken tussen goed en kwaad en behalwe dit, kan hy ook onderskei tussen wat goed en beter is. Met ander woorde, enige wedergebore gelowige wat kies om te fokus op die Woord van God, is geestelik onderskeidend.

Daar is sekere gelowiges egter, wat die gawe van onderskeiding het – dit is, die Godgegewe vermoë om te onderskei tussen die waarheid van die Woord en die misleidende doktrines wat deur demone verkondig word. Ons is almal vermaan om geestelik te onderskei (Hand 17:11; 1 Joh 4:1), maar sommige in die liggaam van Christus het die unieke gawe om die dogmatiese “versinsels” wat die kerk sedert die eerste eeu aanval, raak te sien. Hierdie onderskeiding sluit nie mistieke, ekstra bybelse openbarings of ‘n stem van God in nie. Die geestelike onderskeiding is eerder só bekend met die Woord van God dat hulle onmiddellik herken wat in teenstelling daarmee is. Hulle ontvang nie spesiale boodskappe van God nie; hulle gebruik die Woord van God om die waarheid suiwer te verkondig. Die geestelike onderskeiding is vlytig om die Woord van God suiwer te hou (2 Tim 2:15).

Daar is ‘n verskeidenheid van gawes om die liggaam van Christus op te bou, maar daardie verskeidenheid is bedoel vir die opbou en uitbou van daardie liggaam as ‘n geheel (Ef 4:12). En die sukses van daardie liggaam hang af van al die dele van die liggaam, deur hul take getrou te vervul, soos God hulle die vermoë gegee het. Geen geestelike gawe moet gebruik word om die ander te domineer nie of vir homself ‘n spesiale salwing van God op te eis nie. Die liefde van God moet ons eerder lei om ons geestelike gawes te gebruik om mekaar op te bou in die Here.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die geestelike gawe van onderskeidende geeste?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries