settings icon
share icon
Vraag

Wat is die geestelike gawe van profesie?

Antwoord


Die geestelike gawe van profesie is op die lys van die geestelike gawes in 1 Kor 12:10 en Rom 12:6. Die Griekse woord as vertaal word is “profetering” of “profesie” in beide gedeeltes en beteken “speak forth” of verklaar die goddelike wil, om die planne van God te interpreteer of om op enige manier die waarheid van God bekend te maak, wat bestem is om mense te beïnvloed. Baie mense verstaan die gawe van profesie verkeerd en dink dit is die vermoë om die toekoms te voorspel. Om iets te weet oor die toekoms mag soms ‘n aspek van die gawe van profesie wees, maar dit was primer ‘n gawe van proklamasie (forth-telling), nie voorspelling (fore-telling) nie.

‘n Pastoor/prediker wat die Bybel verklaar, kan beskou word as ‘n “profeteerder,” aangesien hy God se plan vorentoe vat. Met die voltooiing van die Nuwe Testament, het profetering verander van verklaring van nuwe openbaring tot verklaring van die voltooide openbaring, wat God reeds gegee het. Judas 3 praat van “die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het.” Met ander woorde, die geloof waaraan ons vashou, staan vir ewig vas en dit het nie nodig om enige byvoegings of verfyning van ekstra bybelse openbarings te kry nie.

Let ook op die oorgang van profeet na leraar in 2 Pet 2:1: “Maar daar was ook vals profete onder die volk en so sal daar ook onder julle vals leraars kom.” Petrus dui aan dat die Ou Testamentiese tyd profete gehad het, waar die kerk weer leraars sal hê. Die geestelike gawe van profesie, in die sin van die ontvang van “nuwe” openbarings vanaf God, om weer aan ander te verkondig, het opgehou met die voltooiing van die Bybel. Gedurende die tyd dat profesie ‘n openbarende gawe was, was dit gebruik vir die opbou, vermaning en vertroosting van mense (1 Kor 14:3). Die moderne gawe van profesie, wat werklik meer verwant is aan onderrig, verklaar steeds die waarheid van God. Wat verander het, is dat die waarheid van God vandag alreeds volledig in Sy Woord openbaar gemaak is, terwyl in die vroeë kerk was dit nog nie ten volle geopenbaar nie.

Christene moet baie versigtig wees vir mense wat oortuig is dat hulle ‘n “nuwe” boodskap van God het. Dit is een ding om te sê, “Ek het ‘n interessante droom gehad.” Dit is egter heeltemal ‘n ander saak om te sê, “God het vir my ‘n droom gegee en jy moet dit gehoorsaam.” Geen uitspraak van ‘n mens moet gelykstaande of bokant die geskrewe Woord beskou word nie. Ons moet vashou aan die Woord van God wat reeds gegee is en onsself verbind aan sola scriptura – die Skrif alleen.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die geestelike gawe van profesie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries