settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is geloof sonder werke dood?

Antwoord


Jakobus sê, “’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood” (Jak 2:26). Geloof sonder werke is ‘n dooie geloof, omdat die gebrek daaraan ‘n onveranderde lewe of ‘n geestelike dooie hart openbaar. Daar is baie verse wat sê dat ware reddende geloof uitloop op ‘n getransformeerde lewe, dat geloof gedemonstreer word deur die werke wat ons doen. Hoe ons lewe, openbaar wat ons glo en of die geloof wat ons bely, ‘n lewende geloof is.

Jak 2:14-26 word soms buite konteks aangehaal in ‘n poging om ‘n werksbasis-sisteem van regverdigheid te skep, maar dit is in kontras teenoor baie ander gedeeltes in die Skrif. Jakobus sê nie dat ons werke ons regverdig maak voor God nie, maar dat ware verlossende geloof, deur goeie werke gedemonstreer word. Werke is nie die oorsaak van verlossing nie; werke is die getuienis van verlossing. Geloof in Christus loop altyd uit op goeie werke. Die persoon wat beweer dat hy ‘n Christen is, maar in opsetlike ongehoorsaamheid aan Christus leef, het ‘n vals of dooie geloof en is nie gered nie. Paulus sê basies dieselfde ding in 1 Kor 6:9-10. Jakobus kontrasteer twee verskillende tipes geloof – ware geloof wat red en valse geloof wat dood is.

Baie bely dat hulle Christene is, maar hul lewens en prioroteite wys iets anders. Jesus stel dit so: “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie en ‘n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken. Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here’, sal in die koninkryk van die Hemel ingaan nie, maar net Hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in U Naam gepreek nie, deur U Naam duiwels uitgedryf en deur U Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree’” (Matt 7:16-23).

Let op dat die boodskap van Jesus dieselfde is as Jakobus s’n. Gehoorsaamheid aan God is die merk van opregte verlossende geloof. Jakobus gebruik die voorbeelde van Abraham en Ragab om die gehoorsaamheid wat saamgaan met redding, te illustreer. Deur net eenvoudig te “sê” dat ons in Jesus glo, verlos ons nie, ook nie godsdienstige diens nie. Wat ons red, is die Heilige Gees se nuutmaking van ons harte en daardie vernuwing sal sonder uitsondering gesien word in ‘n lewe van geloof en die kenmerk van voortdurende gehoorsaamheid aan God vertoon.

Deur die verhouding van geloof en werke mis te verstaan, kom vanaf onbegrip van wat die Bybel aangaande verlossing leer nie. Daar is werklik twee foute ten opsigte van werke en geloof. Die eerste fout is die lering dat, solank as die persoon ‘n gebed gebid het of gesê het, “Ek glo in Jesus,” op enige stadium van sy lewe, dan is hy gered, maak nie saak wat nie. So ‘n persoon, soos ‘n kind het sy hand in ‘n kerkdiens gelig en word beskou as gered, selfs al het hy nooit enige begeerte getoon om saam met die Here ‘n pad te stap nie en sy lewe is een van blatante sonde. Hierdie lering word soms genoem “decisional regeneration,” en is gevaarlik en misleidend. Die opvatting dat geloof iemand red, selfs al lewe hy daarna soos die duiwel, veronderstel ‘n nuwe kategorie van gelowiges, en staan bekend as “vleeslike Christen.” Laasgenoemde lei verskillende goddelose leefstyle wat verskoon word: ‘n man kan ‘n onbelyde egbreker wees, leuenaar of bankrower, maar hy is gered; hy is slegs “vleeslik.” Tog, soos ons kan sien in Jakobus 2, ‘n leë belydenis van geloof – een wat nie uitspeel in ‘n lewe van gehoorsaamheid aan Christus nie – is in werklikheid ‘n dooie geloof wat nie kan red nie. Die ander fout ten opsigte van werke en geloof is om te poog om werke deel te maak van wat regverdig is voor God. Die mengsel van werke en geloof om verlossing te verdien, is heeltemal in kontras met wat die Skrif leer. Rom 4:5 sê, “Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof.” Jak 2:26 sê, “So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.” Daar is geen konflik tussen hierdie twee gedeeltes nie. Ons word geregverdig uit genade deur geloof en die natuurlike resultaat van geloof in die hart is werke wat almal kan sien. Die werke wat verlossing opvolg, maak ons nie regverdig voor God nie; dit vloei eenvoudig vanuit die wedergebore hart soos water natuurlik vloei uit ‘n fontein. Verlossing is ‘n soewereine uitstortings-handeling van God, waardeur ‘n onwedergebore sondaar se sonde afgewas word deur die wedergeboorte en “deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee” (Titus 3:5) en sodoende word hy ‘n wedergebore kind van God (Joh 3:3). As dit gebeur, gee God vir die sondaar wat vergewe is, ‘n nuwe hart en plaas ‘n nuwe gees in hom (Eseg 36:26). God verwyder sy klipharde hart (as gevolg van sonde ) en vul hom met die Heilige Gees. Die Gees maak dat die verloste persoon in gehoorsaamheid volgens God se Woord lewe (Eseg 36:26-27).

Geloof sonder werke is dood, omdat dit ‘n hart openbaar wat nie deur God getransformeer is nie. Wanneer ons deur die Heilige Gees wedergebore is, sal ons lewens ons nuwe lewe demonstreer. Ons werke sal deur gehoorsaamheid aan God gekenmerk word. Onsigbare geloof sal sigbaar word deur die produksie van die vrug van die Gees in ons lewens (Gal 5:22). Christene behoort aan Christus, die Goeie Herder. Ons as Sy skape, hoor Sy stem en volg Hom (Joh 10:26-30).

Geloof sonder werke is dood, want geloof lei tot ‘n nuwe mens, nie ‘n herhaling van dieselfde sondige gedragspatrone nie. Paulus het in 2 Kor 5:17 geskryf, “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”

Geloof sonder werke is dood, omdat dit kom van ‘n hart wat nie deur God vernuwe is nie. Leë belydenisse van geloof het geen krag om lewens te verander nie. Hulle wat beweer dat hulle geloof het, maar nie die Gees besit nie, sal hoor hoe Christus Self aan hulle sê, “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree” (Matt 7:23).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is geloof sonder werke dood?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries