settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan verlossing nie van werke wees, as geloof ‘n vereiste is nie? Is om te glo ‘n werk?

Antwoord


Ons verlossing hang uitsluitlik van Jesus Christus af. Hy is ons plaasvervanger, deur sonde se vloek te dra (2 Kor 5:21); Hy is ons Verlosser van sonde (Joh 1:29); Hy is die outeur en Voleinder van ons geloof (Hebr 12:2). Die werk wat nodig is om verlossing te voorsien, was ten volle afgehandel deur Jesus Self, wat ‘n volmaakte lewe gelei het, God se straf vir sonde gedra het en uit die dood opgestaan het (Hebr 10:12).

Die Bybel is baie duidelik dat ons eie werke nie help om verlossing te verdien nie. Ons is gered “nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie” (Titus 3:5). “Dit kom nie deur julle eie verdienste nie” (Ef 2:9). “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie” (Rom 3:10). Dit beteken dat om offerandes te bring, die wet te onderhou, kerk toe te gaan, gedoop te wees en ander goeie dade, is nie by magte om enigeen te red nie. Maak nie saak hoe goed ons is nie, ons kan nooit voldoen aan God se standaard van heiligheid nie (Rom 3:23; Matt 19:17; Jes 64:6).

Die Bybel is net so duidelik dat verlossing voorwaardelik is; God red nie almal nie. Die een voorwaarde vir verlossing is geloof in Jesus Christus. Ongeveer 200 keer in die Nuwe Testament, geloof ( of oortuiging) word verklaar as die enigste voorwaarde vir verlossing (Joh 1:12; Hand 16:31).

Op ‘n dag het sommige mense vir Jesus gevra wat God van hulle verlang om te doen: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” En Jesus antwoord hulle: “ Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het” (Joh 6:28-29). Dus, die vraag oor God se vereistes (meervoud), en Jesus se antwoord is dat God se vereiste (enkelvoud) is dat jy in Hom moet glo.

Genade is God se gawe aan ons, iets wat Hy gee wat ons nie kan verwerf of verdien nie. Volgens Rom 11:6, vernietig “werke” van enige aard genade – die opvatting is dat ‘n werker betaling verdien, terwyl die ontvanger van genade dit eenvoudig ontvang, onverdiend. Aangesien verlossing alles genade is, kan dit nie verdien word nie. Geloof dus, is geen werke nie. Geloof kan nie werklik beskou word as ‘n “werk” nie, of anders sal dit genade vernietig. (kyk ook na Rom 4 – Abraham se verlossing was afhanklik van geloof in God, in teenstelling met enige werk wat hy gedoen het.)

Veronderstel iemand anoniem stuur vir jou ‘n bedrag van $1,000,000. Die geld is joune indien jy dit wil hê, maar jy moet dit nog steeds goedkeur (bv. ‘n tjek endosseer). Op geen manier kan jou handtekening gesien word, dat jy die miljoen dollars verdien het nie, die endossering is nie ‘n werk nie. Jy kan nooit roem dat jy ‘n miljoenêr geraak het, deur loutere poging of jou eie besigheidsvernuf nie. Nee, die die miljoen dollars was slegs ‘n geskenk en deur jou naamtekening was dit die enigste wyse om dit te ontvang. Soortgelyk, deur geloof uit te leef is die enigste wyse om die gulhartige geskenk van God te ontvang en geloof kan nie as ‘n werk gesien word, wat die geskenk as waardig ag nie. Opregte geloof kan nie as ‘n werk beskou word nie, omdat ware geloof ‘n staking van ons vleeslike werke insluit. Ware geloof het as doelwit Jesus en Sy werk namens ons (Matt 11:28-29; Hebr 4:10). Om hierdie ‘n stap verder te neem, ware geloof kan nie as ‘n werk beskou word nie, omdat selfs geloof ‘n gawe van God is, nie iets wat ons op ons eie produseer nie. “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God” (Ef 2:8). “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie” (Joh 6:44). Ons loof die Here vir Sy reddingskrag en vir Sy genade om verlossing ‘n realiteit te maak!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan verlossing nie van werke wees, as geloof ‘n vereiste is nie? Is om te glo ‘n werk?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries