settings icon
share icon
Vraag

Wat is die genade van God?

Antwoord


Genade is ‘n deurlopende tema in die Bybel en dit bereik die hoogtepunt in die Nuwe Testament met die koms van Jesus (Joh 1:17). Die woord “grace” in die Nuwe Testament kom van die Griekse woord “charis” wat beteken “favor, blessing or kindness.” Ons kan almal genade oordra aan ander; maar wanneer die woord “genade” in verband met God gebruik word, kry dit ‘n baie dieper, kragtige betekenis. Genade is God wat kies om ons te seën, eerder as om ons te vervloek, soos wat ons sonde verdien. Dit is Sy welwillendheid teenoor dié wat dit nie verdien nie.

Ef 2:8 sê, “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.” Die enigste manier hoe enigeen van ons in ‘n verhouding met God kan kom, is as gevolg van Sy genade teenoor ons. Genade het begin in die Tuin van Eden, toe God ‘n dier doodgemaak het om die sonde van Adam en Eva te bedek (Gen 3:21). Hy kon die eerste mense net daar doodgemaak het vir hul ongehoorsaamheid, maar eerder het Hy gekies om ‘n pad oop te maak vir hulle om met Hom reg te maak. Daardie patroon van genade het regdeur die Ou Testament aangegaan, toe God die bloed-offerandes ingestel het, as ‘n manier om vir mense se sonde versoening te doen. Dit was nie die fisiese bloed van daardie offerandes as sulks, wat sondaars gereinig het nie; dit was die genade van God wat hulle vergewe het, wat in Hom geglo het (Hebr 10:4; Gen 15:6). Sondige mense het hul geloof getoon deur die offerandes te offer wat God voorgeskryf het.

Die apostel Paulus het baie van sy briewe begin met dié frase, “Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!” (Rom 1:7; Ef 1:1; 1 Kor 1:3). God is die voorloper van genade en dit is van Hom af dat alle ander genade vloei.

God bewys beide medelye en genade, maar hulle is nie dieselfde nie. Medelye weerhou ‘n straf wat ons verdien; genade gee ‘n seëning wat ons nie verdien nie. In medelye het God gekies om die sondeskuld te kanselleer deur Sy volmaakte Seun in ons plek te offer (Titus 3:5; 2 Kor 5:21). Maar Hy gaan selfs verder as medelye en brei genade oor Sy vyande uit (Rom 5:10). Hy bied ons vergifnis (Hebr 8:12; Ef 1:7), versoening (Kol 1:19-20), oorvloedige lewe (Joh 10:10), ewige skat (Luk 12:33), Sy Heilige Gees (Luk 11:13) en ‘n plek in die hemel saam met Hom, eendag (Joh 3:16-18) as ons Sy offer aanvaar en ons geloof in Sy offerande plaas.

Genade is God wat die grootste skat aan dié gee wat dit die minste verdien – wat elkeen van ons insluit.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die genade van God?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries