settings icon
share icon
Vraag

Is demone gevalle engele?

Antwoord


Wanneer God engele geskep het, is ‘n opegesprek, maar waarvan ons seker is, is dat alles wat God geskep het, goed is, omdat God in Sy heiligheid Hy nie iets sondigs kan skep nie. Satan was die engel Lucifer en het teen God gerebelleer en het uit die hemel geval (Jes 14; Eseg 28). Een derde van die engele het hom gevolg (Open 12:3-4,9) en daar is geen twyfel dat hierdie gevalle engele nou bekend staan as demone nie.

Ons weet dat die hel vir die duiwel en sy engele voorberei is, Matt 25:41, “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is.’ “ Deur die besitlike naamwoord “sy” te gebruik, maak Jesus dit duidelik dat hierdie engele aan Satan behoort. Open 12:7-9 beskryf ‘n eindtyd-geveg tussen Migael en “sy engele” en die duiwel en “sy engele.” Uit hierdie versgedeeltes en soortgelyke verse is dit duidelik dat demone en gevalle engele sinoniem met mekaar is.

Sommige verwerp die gedagte dat die demone die gevalle engele is, aangesien Judas vers 6 verklaar dat die engele wat gesondig het, gebind is en “in duister dieptes vir die oordeel van die groot dag” deur God gehou word. Dit is egter duidelik dat nie alle engele wat gesondig het, “gebind” is nie, aangesien Satan nog steeds vry is (1 Pet 5:8). Dit lyk asof Judas vers 6 verwys na die gevalle engele wat God gevange hou, wat op ‘n addisionele manier gerebelleer het, soos die insident in Gen 6 verwys na “hemelwesens” wat iets soortgelyks was.

Die mees algemene alternatiewe verduideliking vir die oorsprong van die demone, is dat die Nephilim van Gen 6 in die Vloed vernietig is en dat hul siele wat van die liggaam bevry is, die demone geword het. Aangesien die Bybel nie spesifiek sê wat van die siele van die Nephilim geword het nie, is dit onwaarskynlik dat God die Nephilim in die Vloed sou verwoes het,net om toe te laat dat hul siele nog groter boosheid moes aanrig as die demone. Die mees aanvaarbare verduideliking van die Bybel vir die oorsprong van die demone, is dat hulle gevalle engele is, die engele wat saam met Satan teen God gerebelleer het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is demone gevalle engele?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries