Vraag
Wat is die sterkste bybelse argument vir die goddelikheid van Christus?
Antwoord
Dat die Nuwe Testament vol verwysings is oor die goddelikheid van Christus, is moeilik om te ontken. Vanaf die vier kanonieke Evangelies regdeur die boek Handelinge en Paulus se sendbriewe, word Jesus nie slegs gesien as die Messias (of Christus) nie, maar ook gelykgestel aan God Self. Die apostel Paulus verwys na die godheid van Christus, toe hy Jesus “ons grote God en Verlosser” noem (Titus 2:13). Hy sê selfs dat Jesus bestaan het “in die gestalte van God” voor Sy inkarnasie (Fil 2:5-8). God die Vader sê aangaande Jesus,”U troon o God, staan vir ewig vas” Hebr 1:8). Na Jesus word direk verwys as die Skepper Self ( Joh 1:3; Kol 1:16-17). Ander bybelse gedeeltes leer van Christus se godheid (Openbaring 1:7; 2:8; 1 Kor 19:4; 1 Pet 5:4).
Aangesien hierdie direkte aanhalings genoegsaam is om te staaf dat die Bybel beweer dat Jesus goddelik is, mag ‘n meer indirekte benadering bewys lewer om meer kragtig te wees. Jesus het herhaaldelik Homself in die plek van Jahweh geplaas deur die Vader se goddelike prerogatiewe op te neem. Hy het dikwels dinge gedoen en gesê wat slegs God die reg gehad het om te doen of te sê. Jesus het ook na Homself verwys op maniere wat op Sy godheid gedui het. Sommige van hierdie oomblikke voorsien aan ons die sterkste bewys van Jesus se goddelike verstaan van Homself.
In Markus 14 staan Jesus as beskuldigde by Sy verhoor voor die Hoëpriester. “Die Hoëpriester het Hom verder ondervra. ‘Is jy die Christus, die Seun van Hom aan wie die lof toekom?’ “Ek is,” het Jesus geantwoord, en “julle sal die Seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van Hom wat magtig is, en wanneer Hy kom op die wolke van die hemel” (Markus 14:61-62). Hier verwys Jesus na die Ou Testamentiese boek van Daniël, waar die profeet Daniël sê, “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ‘n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee, sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; Sy koningskap sal nie ophou nie” (Daniël 7:13-14).
In hierdie verwysing na Daniël se visioen, identifiseer Jesus Homself as die Seun van die Mens, ‘n persoon aan wie gegee is “heerskappy en eer en koningskap …..sodat al die volke, nasies en taalgroepe Hom sou dien.” Die Seun van die Mens het ‘n heerskappy wat ewig is en nie sal ophou nie. ‘n Mens wonder dadelik watter soort persoon het ‘n heerskappy wat ewig is. Watter soort persoon het ‘n koninkryk ontvang en alle mense sal Hom dien? Die Hoëpriester, wat dadelik Jesus se aanspraak op goddelikheid besef het, het sy mantel geskeur en Jesus as skuldig verklaar aan godslastering.
Jesus se gebruik van die titel “Seun van die Mens” het verrassende sterk apologetiese waarde. ‘n Skeptikus van Christus se godheid kan nie maklik hierdie spesifieke benaming wat Jesus Homself toegeken het, veronagsaam nie. Dat Christus na Homself verwys het op hierdie manier, geniet menigvuldige getuienisse, soos dit oral in die Evangeliebronne gevind word. Die frase “Seun van die Mens” word vir Jesus gebruik, slegs ‘n paar maal buite die Evangelies self (Hand 7:56; Openbaring 1:13; 14:14).Gegewe die min gebruik deur die vroeë apostoliese kerk, is dit onwaarskynlik dat hierdie titel teruggeplaas sou word in die mond van Jesus, om die waarheid te sê, Hy het nie hierdie spesifieke benoeming self gebruik nie. En tog, dit is gestaaf dat Jesus regtig hierdie titel vir Homself gebruik het, dit is duidelik dat Jesus Homself beskou het om ewige mag te besit en ‘n unieke outoriteit, bó dié van ‘n gewone menslike wese.
Sommige kere was dit Jesus se optrede wat Sy identiteit geopenbaar het. Jesus se genesing van die verlamde man in Markus 2 was gedoen om Sy outoriteit en vermoë om sondes te vergewe te demonstreer (Markus 2:3-12). In die gedagtes van Sy Joodse gehoor, was sulke bekwaamhede vir God alleen voorbehou. Jesus ontvang ook verskeie kere aanbidding in die evangelies (Matt 2:11; 28:9, 17; Luk 24:52; Joh 9:38; 20:28). Jesus het nooit sulke bewondering verwerp nie. Hy het eerder hul aanbidding beskou as tydig en goed. Op ‘n ander plek het Jesus hulle geleer dat die Seun van die Mens uiteindelik die mensdom sal oordeel (Matt 25:31-46) en dat ons ewige bestemming afhang van ons antwoord aan Hom (Mark 8:34-38). Sulke gedrag is verdere aanduiding van Jesus se goddelike begrip oor Homself.
Jesus het ook gesê dat Sy naderende opstanding uit die dood die baie spesiale bewerings wat Hy aangaande Homself sou gemaak het, regverdig (Matt 12:38-40). Nadat Hy gekruisig en begrawe was in die graf van Josef van Arimatea, het Jesus opgestaan uit die dood, en so Sy bewerings aangaande die godheid bevestig.
Die getuienis vir hierdie wonderbaarlike gebeurtenis is baie kragtig. Tallose kontemporêre bronne berig oor Jesus se post-kruisiging-verskynings aan beide individue en groepe onder verskeie omstandighede (1 Kor 15:3-7; Matt 28:9; Luk 24:36-43; Joh 20:26-30, 21:1-14; Hand 1:3-6). Baie van hierdie getuies was bereid om vir hierdie geloof te sterf en verskeie van hulle het! Clement van Rome en die Joodse historikus Josephus voorsien ons met eerste-eeuse weergawes van verskeie van hul martelinge. Al die teorieë wat geneig was om die getuienis van die opstanding uit te laat (soos die Hallucination Theory) het misluk, deur nie al die data te verduidelik, wat aan hulle bekend was. Die opstanding van Jesus is ‘n gevestigde feit in die geskiedenis en dit is die sterkste bewys vir Jesus se goddelikheid.
English
Wat is die sterkste bybelse argument vir die goddelikheid van Christus?