Vraag
Wat is heerskappy-verlossing?
Antwoord
Die doktrine van heerskappy-verlossing leer dat onderwerping aan Christus as Here hand aan hand gaan, saam met geloof in Christus as Verlosser. Heerskappy-verlossing is die teenoorgestelde van wat soms genoem word “easy-believism” of die lering dat verlossing deur ‘n erkenning kom van ‘n sekere lys van feite.
John MacArthur, wie se boek “The Gospel According to Jesus” spel die saak oor heerskappy-verlossing uit, deur die lering as volg op te som: “The gospel call to faith presupposes that sinners must repent of their sin and yield to Christ’s authority.” Met ander woorde ‘n sondaar wat weier om te bely, is nie gered nie, want hy kan nie aan sy sonde klou en ook terselfdertyd aan die Verlosser nie. En ‘n sondaar wat Christus se outoriteit in sy lewe verwerp, het nie reddende geloof nie, want opregte geloof omvat ‘n oorgawe aan God. Dus, vereis die evangelie meer as net ‘n intellektuele besluit of ‘n gebed wat gebid word; die evangelieboodskap is ‘n oproep tot dissipelskap. Die skape sal hul Herder volg in onderworpe gehoorsaamheid.
Aanhangers van heerskappy-verlossing verwys na Jesus se herhaalde waarskuwings aan godsdienstige hippokrate van Sy tyd, as bewys dat deur eenvoudig saam te stem met geestelike feite, nie iemand red nie. Daar moet ‘n hartsverandering plaasvind. Jesus het die hoë koste van dissipelskap beklemtoon: “Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie” (Luk 14:27) en “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie” (vers 33). In dieselfde gedeelte praat Jesus van die koste wat bereken word; iewers anders wys Hy op volkome verbondenheid: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie” (Luk 9:62).
In die Bergpredikasie, sê Jesus dat die ewige lewe ‘n smal pad is en deur min gevind word (Matt 7:14); in teenstelling, “easy-believism” probeer om die pad te verbreed, sodat enigeen wat ‘n getuienis van geloof het, daarop kan gaan. Jesus sê dat “Elke goeie boom dra tog goeie vrugte” (vers 17); in teenstelling met “easy-believism” wat sê dat ‘n boom steeds goed kan wees, alhoewel dit niks anders as slegte vrugte dra nie. Jesus sê dat baie wat sê “Here, Here” nie sal ingaan in die koninkryk nie (verse 21-23); in teenstelling, “easy-believism” se lering is dat om te sê “Here,Here” goed genoeg is.
Heerskappy-verlossing leer dat ‘n opregte belydenis van geloof gesteun sal word deur getuienis van geloof. Indien iemand werklik die Here volg, dan sal hy/sy die Here se instruksies gehoorsaam. Iemand wat leef in opsetlike sonde het nie gekies om ‘n volgeling van Christus te wees nie, want Christus roep ons uit die sonde in regverdigheid in. Die Bybel leer inderdaad dat geloof in Christus uitloop op ‘n veranderde lewe (2 Kor 5:17; Gal 5:22-23; Jak 2:14-26).
Heerskappy-verlossing is nie ‘n verlossing-deur-werke-lering nie. Aanhangers van heerskappy-verlossing is versigtig om te sê dat verlossing deur genade alleen is, dat gelowiges gered word voor hul geloof enige goeie werke oplewer en dat Christene sonde kan doen en sonde wel doen. Dit is egter so, dat ware verlossing onafwendbaar tot verandering in lewenswyse sal lei. Die geredde sal gebind wees aan sy/haar Redder. ‘n Opregte Christen sal nie gemaklik lewe in onbelyde sonde nie. Hier is 9 leringe wat heerskappy-aanbidding losmaak van “easy-believism”:
1 Skuldbelydenis is nie ‘n eenvoudige sinoniem vir geloof nie. Die Skrif leer dat sondaars geloof moet beoefen tesame met sondebelydenis (Hand 2:38; 17:30; 20:21; 2 Pet 3:9). Berou is ‘n hartsverandering vanaf liefde vir sonde en verwerping van Christus tot ‘n verwerping van sonde en ‘n navolging van Christus (Hand 3:19; Luk 24:47), en selfs dit is ‘n gawe van God (2 Tim 2:25). Opregte berou vanaf iemand wat hom onderwerp aan Christus se heerskappy, kan nie anders as om ‘n gedragsverandering as gevolg te hê nie (Luk 3:8; Hand 26:18-20).
2 ‘n Christen is ‘n nuwe skepsel en kan nie net “ophou glo” en verlossing verloor nie. Geloof op sigself is ‘n gawe van God (Ef 2:1-5, 8) en opregte geloof gaan vir ewig voort (Fil 1:6). Verlossing is alles God se werk, nie die mens s’n nie. Hulle wat in Christus as Here glo, is gered sonder enige poging van hul eie (Titus 3:5).
3 Die objek van geloof is Christus Self, nie ‘n belofte, ‘n gebed of ‘n oortuiging nie (Joh 3:16). Geloof moet ‘n “persoonlike” verhouding met Christus insluit (2 Kor 5:15). Dit is meer as om van die waarheid oortuig te wees; dit is om hierdie wêreld agter te laat en die Meester te volg. Die Here Jesus het gesê, “My skape luister na My stem; Ek ken hulle en hulle volg My” (Joh 10:27).
4 Ware geloof bring altyd ‘n veranderde lewe voort (2 Kor 5:17). Die innerlike mens word deur die Heilige Gees getransformeer (Gal 2:20) en die Christen het ‘n nuwe natuur (Rom 6:6). Hulle met opregte geloof – wat hul toewy aan die heerskappy van Christus – volg Jesus (Joh 10:27), het hul broers lief (1 Joh 3:14), is gehoorsaam aan God se gebooie (1 Joh 2:3; Joh 15:14), doen die wil van God (Matt 12:50), hou vas aan God se Woord (Joh 8:31), leef volgens God se Woord (Joh 17:6), doen goeie werke (Ef 2:10) en leef voort in die geloof (Kol 1:21-23; Hebr 3:14). Verlossing beteken nie om vir Jesus as een van jou gode by te voeg nie; dit is ‘n algehele vernietiging van die afgode, met Jesus wat as Allerhoogste God regeer.
5 God se “goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien” (2 Pet 1:3; Rom 8:32). Verlossing is dus nie slegs ‘n kaartjie hemel toe nie. Dit is die wyse waardeur ons geheilig word (prakties) in hierdie lewe en waardeur ons groei uit Sy genade.
6 Die Skrif leer ons dat Jesus Here van alles en almal is. Christus beveel onvoorwaardelike oorgawe ten opsigte van Sy wil (Rom 6:17-18; 10:9-10). Hulle wat in rebellie teenoor God se wil lewe, het nie die ewige lewe nie, want “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade” (Jak 4:6).
7 Hulle wat waarlik in Christus glo, sal Hom liefhê (1 Pet 1: 8-9; Rom 8:28-30; 1 Kor 16:22). En hulle vir wie ons lief is, wil ons graag gelukkig maak (Joh 14:15,23).
8 Die Skrif leer dat optrede ‘n belangrike geloofstoets is. Gehoorsaamheid is ‘n geuienis dat jou geloof eg is (1 Joh 2:3). Indien iemand onwillig is om Christus te gehoorsaam, getuig hy dat sy “geloof” nie opreg is nie (2 Joh 2:4). Iemand mag beweer dat Jesus sy Verlosser is en voorgee vir ‘n wyle dat hy gehoorsaam is, maar as daar nie hartsverandering is nie, sal sy ware natuur uiteindelik self weer manifesteer. Dit was die geval met Judas Iskariot. 9 Opregte gelowiges kan val en opstaan, maar hulle sal vashou aan die geloof (1 Kor 1:8). Dit was die geval met Simon Petrus. ‘n “Gelowige” wat ten volle wegdraai van die Here, wys maar net dat hy nooit wedergebore was nie (1 Joh 2:19).
‘n Persoon wat van sonde verlos is deur geloof in Christus, sal nie begeer om in ‘n lewe van sonde te bly nie (Rom 6:2). Natuurlik kan geestelike groei vinnig of stadig plaasvind, afhangende van die mens en sy omstandighede. En die veranderinge mag dalk nie aanvanklik vir almal duidelik wees nie. Uiteindelik weet God wie Sy skape is en Hy sal elkeen tot volwassenheid bring, volgens Sy volmaakte tydsberekening.
Is dit moontlik om ‘n Christen te wees en in lewenslange verganklikheid te leef, deur die plesiere van sonde te geniet en nooit die heerlikheid van die Here te soek, wat hom/haar gekoop het nie? Kan ‘n sondaar die heerskappy van Christus verag en tog nog beweer dat Hy sy/haar Verlosser is? Kan iemand ‘n “sondaarsgebed” bid en voortgaan in sy lewe asof niks gebeur het nie en homself steeds ‘n Christen noem? Heerskappy-verlossing sê “nee.” Laat ons nie onberouvolle sondaars valse hoop gee nie; laat ons eerder die hele reddingsplan van God voorstaan: “Julle moet opnuut gebore word” (Joh 3:7).
English
Wat is heerskappy-verlossing?