settings icon
share icon
Vraag

Hoekom sal ek my bekommer indien God bestaan?

Antwoord


Daar is tallose sienings nie net oor die natuur van God nie, maar ook Sy werklike bestaan. Mense het beperkte persepsies oor die kompleksiteite van ons onmiddellike wêreld en die heelal as ‘n geheel. Die ironie is dat God se natuur nie een van wanorde is nie, maar van vrede. 1 Kor 14:33 sê,”God is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede.” Die sleutel om wanorde te oorkom, is nie om die vraag geheel en al te vermy nie, maar om te fokus op die ware Een, vir wie baie kies om te ignoreer (Fil 4:6-7).

Ons moet gretig wees om die werklike, konkrete probleme wat die mensdom in die gesig staar, aan te spreek, soos armoede, ongeletterdheid en siekte en dit is waar dat debatte in verband met die bestaan en natuur van God ons kan weghou daarvan om op daardie uitdagings te konsentreer. Dus, waarom sou enigeen van ons omgee of God bestaan of nie? Vir die gelowige is dit die teologiese vraag bo alle ander. Vir die onoortuigdes bly dit ‘n filosofiese kwessie. Teologies gesproke, vir die agnostici, is dit meestal ‘n menslike ontdekking; die vraag oor God se bestaan word gesien as sinloos.

Die bybelse voorstelling van God toon waarom Sy bestaan saak maak. God se heilige natuur word geopenbaar in teenstelling met die menslike (sondige) natuur en die Bybel gee aan die mensdom ‘n standaard, betreffende reg en verkeerd. Sonder ‘n skeidsregter (arbiter) is daar geen finale outoriteit om die waardes wat ons vir onsself stel, te weeg nie (Ps 19:7-11). Wie kan sê of een ding reg en die ander verkeerd is? Hoekom is dit vir ons nodig om hulle wat in nood verkeer, te help? Met watter gesag kan ons beswaar maak ten opsigte van ongeletterdheid? Indien daar geen God is nie en die aardse lewe is eenvoudig “oorlewing van die sterkste,” waarom sou enigeen werk om die hongeriges te voed? Volgens watter standaard meet ons die fondasie van ons moraliteit?

God openbaar aan ons Sy essensie: “Ek is Wie Ek is” (sien Eks 3:3-15). Hierdie stelling praat van God se selfbestaan, wat ten volle afhanklik is van die mensdom se persepsies van Hom. Hy omvat alles en Hyself is die standaard van wat goed is. Ps 19:1-6 beeld ‘n pragtige prent uit van God se ewige natuur en Sy openbaring van daardie natuur in Sy skepping.

Die vraag oor God se bestaan is belangrik, omdat, op praktiese vlak, indien God bestaan, daar ‘n goeie kans is dat Hy verlang om met ons kontak te maak en dat Hy die samevloeiing van sekere standaarde hoog ag om dit te laat gebeur. Dus is die vraag sentraal ten opsigte van alles. Ons is óf na God se beeld geskep, óf ons is nie. Liefde en medelye is óf deel van God se natuur (en dus om in ons gereflekteer te word) óf hulle is produkte van ‘n toevallige biologiese ongeluk (en dus onnodig). Ons bestaan het betekenis (of is onbeduidend) afhangende van die bestaan (of geen bestaan) van God. Deur die tydelike, materiële probleme van die mens te hulp te kom, is belangrik, maar om met die ewige, geestelike probleme van die mensdom te help, is selfs baie belangriker.

Volgens die Bybel is die mensdom deur sonde vernietig. Dit is so dat die neerdrukkende globale probleme wat ons tans in die gesig staar, by uitnemendheid die resultaat van sonde is. Die vraag oor God se bestaan raak dan van die uiterste belang , omdat wanneer ons God se bestaan ignoreer, dieselfde is as om die realiteit van sonde te ignoreer en dus die wortel van die wêreld se probleme is.

Gelukkig het God ‘n weg voorsien om sonde te vergewe en om ons verhouding met Hom deur geloof in Jesus Christus te herstel (Joh 3:16, Rom 3:21-26). Die sondige mens is geestelik dood en verwerp dikwels enige vermelding van een ware God. Joh 3:19 sê, “En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg.” Dit is God wat ons tot geloof in Sy Seun gebring het, deur die Heilige Gees (Joh 6:41-51). Verlossing is ‘n geskenk wat God aan die hele mensdom gee (Joh 3:16). Ons rol is eenvoudig om te glo wat God sê en uit te reik na Sy Gees. Die geldigheid van hierdie boodskap is natuurlik bykomstig ten opsigte van God se bestaan.

Waarom probeer mense om ander oor te oortuig om saam te stem ten opsigte van hul siening oor God se bestaan? Hoekom kan Christene nie hul geloof behou binne die oortuigings van hul huise en kerke nie, soos hulle dikwels geleer word om te doen nie? Die motivering vir baie Christene is dat hulle wil dat elkeen die geleenteid moet hê om in gemeenskap met God te kan wees. Ook is die Christendom inherent evangelisties. Een van Jesus se mandate is om die evangelie te versprei en dissipels te maak. Hierdie uitreik word in liefde gedoen en dit is ‘n endemiese beginsel van die Christelike geloof.

Aangesien niemand God gesien het nie, openbaar Hy Homself op tallose wyses. Eerstens is God bekend gemaak deur Sy skepping (Rom 1:20). Die gewillige waarnemer kan oral rondom hom kyk, God se handewerk waarneem en ‘n leeftyd spandeer in verwondering aan die verwikkeldhede en interafhanklikheid van alle fisiese dinge. Die Skrif sê dat dit dwaas is om te ontken dat daar ‘n God is (Ps 14:1). Die heelal was duidelik ontwerp en ons is geskep met ‘n vermoë om op ‘n sekere vlak te begryp. Die Skrif is ondubbelsinnig dat God ons alles gegee het wat ons nodig het om Sy bestaan te erken (Job 38).

God openbaar Homself deur Sy Woord (Ps 19:7-11). Die Bybel leer ons van God se natuur en dit onderrig ons in moraliteit (1 Tim 3:16-17). Die hoogste uitdrukking van God word gevind in die Seun van God, Jesus Christus (Kol 1:15).

Die onomwonde feit is dat God wel bestaan. Hy het ons lief en verlang om ons vanuit die geestelike dood te bring tot ewige lewe in Sy Seun, Jesus.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom sal ek my bekommer indien God bestaan?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries