settings icon
share icon
Vraag

Hoekom moet ons bid?

Antwoord


Vir ‘n Christen is gebed dieselfde as om asem te haal. Dit is makliker om dit te doen as wat dit is om nie te doen nie. Ons bid vir ‘n verskeidenheid van redes. Gebed is ‘n vorm om God te dien (Lukas 2:36-38) en Hom te gehoorsaam. Ons bid omdat God ons beveel om te bid (Filippense 4:6-7). Gebed is as voorbeeld vir ons gestel deur Jesus en die vroeë kerk (Markus 1:35; Handelinge 1:14; 2:42; 3:1; 4:23-31; 6:4; 13:1-3). Indien Jesus dit goed gevind het om te bid, dan moet ons Sy voorbeeld volg. Indien Hy moes bid om in God se wil te kan bly, so veel te meer het ons dit dan ook nodig.

Nog ‘n rede hoekom ons moet bid is dat God deur gebed vir ons die vermoë gee om Sy oplossings vir verskeie sake te kan verkry. Ons bid in voorbereiding vir belangrike besluite (Lukas 6:12-13); om bose hindernisse te oorkom (Matteus 17:14-21); om werkers te kry vir die geestelike oes (Lukas 10:2); om krag te verkry om versoekinge te weerstaan (Matteus 26:41); en om metodes te vind hoe om ander mense geestelik te kan versterk (Efesiërs 6:18-19).

Ons gaan na God met verskeie versoeke en ons het God se belofte dat ons gebed nie ter vergeefs is nie, al kry ons nie altyd dít waarvoor ons vra nie (Matteus 6:6; Romeine 8:26-27). God belowe dat indien ons iets in Sy wil vra, dat dit aan ons gegee sal word (1 Johannes 5:14-15). Somtyds vertraag God Sy antwoord aan ons omrede Sy wysheid en vir ons eie voordeel. In hierdie situasie moet ons gedienstig en aanhoudend bid (Matteus 7:7; Lukas 18:1-8). Gebed moet nie gesien word as om om eie wil hier op aarde van God te kry nie, maar liewers dat God se wil hier op aarde moet geskied. God se wysheid sal altyd ons eie wysheid by verre oorskry.

Met situasies waar ons nie God se wil vir iets spesifiek weet nie, is gebed ‘n metode om Sy wil te ken. Indien die Siriese vrou met die bose-gees dogter nie tot Jesus gebid het nie, sou haar dogter nooit gesond gemaak kon wees nie (Markus 7:26-30). Indien die blinde man buite Jerigo nie tot Christus uitgeroep het nie, sou hy blind gebly het (Lukas 18:35-43). God het vertel dat ons nie dinge kry omdat ons nie daarvoor vra nie (Jacobus 4:2). Aan die een kant is gebed dieselfde as om die boodskap met ander te deel. Ons weet nie wie gaan reageer op die boodskap nie totdat ons dit deel. Op diesefde manier sal ons nooit resultate van gebede sien indien ons nie bid nie.

Die leemte van gebed dui aan op die leemte van geloof en vertroue op God se Woord. Ons bid om ons vertroue aan God ten toon te stel, dat Hy sal doen soos Hy beloof het en ons lewens seën meer as ons ooit kan droom of voor kan hoop (Efesiërs 3:20). Gebed is ons primêre metode om God se werk in ander mense se lewens te kan sien. Omrede ons met God se krag “verbind” is, is dit ons metode hoe om Satan en sy bose geeste te kan oorkom. Mag God ons gereeld voor Sy troon vind, ons het ‘n hoë Priester in die hemel wat weet wat ons deurmaak (Hebreërs 4:15-18). Mag God Sy Naam verheerlik in ons lewens soos ons in Hom glo en na Hom kom in gebed.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom moet ons bid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries