Vraag
Hoekom toets God ons?
Antwoord
As ons vra hoekom God ons toets of toelaat dat ons getoets word, erken ons dat toetsing inderdaad van Hom af kom. As God Sy kinders toets, doen Hy ‘n waardevolle ding. Dawid het gesoek na God se toetsing, Hom gevra om sy hart en verstand te ondersoek om te sien of hulle opreg teenoor Hom was (Ps 26:2; 139:23). Toe Abram deur God getoets was rakende die kwessie oor die offer van Isak, het Abram gehoorsaam (Hebr 11:17-19) en vir die hele wêreld gewys dat hy die vader van geloof is (Rom 4:16).
In beide die Ou en Nuwe Testamente beteken die woorde wat as “test” vertaal is, “to prove by trial.” Dus, wanneer God Sy kinders toets, is Sy doel om seker te maak dat ons geloof opreg is. Nie dat God nodig het om dit aan Homself te bewys nie – want Hy weet alles – maar Hy wil aan ons wys dat ons geloof opreg is,dat ons werklik Sy kinders is en dat geen beproewing ons geloof sal oorwin nie.
In Sy gelykenis oor die Saaier, identifiseer Jesus diegene wat weg val, as hulle wat die saad van God se Woord met vreugde aanneem, maar sodra die tyd van toetsing kom, dan val hulle weg. Jakobus sê dat die toetsing van ons geloof volharding meebring, wat weer lei tot volwassenheid in ons verhouding met God (Jak 1:3-4). Jakobus gaan voort deur te sê dat toetsing ‘n seëning is, omdat,wanneer die toetsing oor is en onshet dit deurstaan, dan sal ons “as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet” (Jak 1:12). Toetsing kom van ons hemelse Vader, wat “alles ten geode laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is” (Rom 8:28).
Die toetsing of beproewings wat ons deurgaan, kom op verskillende maniere. Om ‘n Christen te raak, sal dikwels van ons vra om uit ons gemaksone te tree en in die onbekende in te gaan. Volharding in toetsing lei tot geestelike volgroeidheid en volmaaktheid. Dit is waarom Jakobus geskryf het, “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom” (Jak 1:2). Die toetsing van geloof kan op nietige wyse en daaglikse irritasies kom; hulle kan ook ernstige rampe wees (Jes 48:10) en ook aanvalle van Satan (Job 2:7). Wat ookal die bron van toetsing, dit is tot ons voordeel om beproewings wat God toelaat, te ondergaan.
Die weergawe van Job is ‘n perfekte voorbeeld van God se permissie dat Satan een van Sy heiliges kon toets. Job het al sy beproewings geduldig verdra en “Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie” (Job 1:22). Tog is die verhaal van Job se toetsing ‘n bewys dat Satan se vermoë om te probeer om ons dood te maak, beperk word deur God se soewereine beheer. Geen demoon kan ons toets of seermaak, indien God dit nie toelaat nie. Al ons beproewings werk volgens God se volmaakte doel en tot ons voordeel.
Daar is baie voorbeelde van die positiewe resultate van toetsing. Die Psalmis sien ons toetsing as loutering soos silwer (Ps 66:10). Petrus praat van ons geloof as “baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan” (1 Pet 1:6-7). Deur ons geloof te toets, help God ons om te groei in sterk dissipels wat werklik deur geloof lewe en nie deur sien nie (2 Kor 5:7).
Wanneer ons die storms van die lewe ervaar, moet ons soos die boom wees waarvan die wortels al dieper groei, om vaster te staan in die aarde. Ons moet ons wortels dieper en dieper ingrawe in God se Woord en vashou aan Sy beloftes, sodat ons weerstand kan bied teen die storms wat op ons pad kom.
Wat die meeste troos bring is dat ons weet dat God ons nooit bokant ons krag sal toets nie, meer as wat ons in Sy krag kan hanteer nie. Sy genade is genoeg vir ons en Sy krag kom tot volle werking wanneer ons swak is (2 Kor 12:9:12). Paulus het gesê in 2 Kor 12:10, “Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk” (2 Kor 12:10).
English
Hoekom toets God ons?