settings icon
share icon
Vraag

Is dit reg as ‘n Christen met ‘n nie-Christen trou?

Antwoord


Vir ‘n Christen om uit te gaan met ‘n nie-Christen is nie die beste nie en om met een te trou is nie ‘n opsie nie. Twee Korintiers 6:14 vertel ons dat, ons nie dieselfde “juk trek” met ongelowiges nie. Die prentjie is soos twee osse wat een juk deel. ‘n Gelowige en ‘n ongelowige sal teen mekaar werk. Terwyl hierdie gedeelte in die Bybel nie spesifiek die huwelik noem nie beskryf dit wel implikasies vir ‘n huwelik. Hierdie gedeelte in Korintiers gaan voort en vertel hoe daar nie samesyn tussen Christus en Baal (Satan) kan wees nie. Daar bestaan mos geen geestelike harmonie tussen ‘n Christen en ‘n nie-Christen nie. Paulus gaan aan en herhinder gelowiges dat hulle die “woonplek” is van die Heilige Gees, die Gees wat in ons harte kom tydens ons redding (saligmaking) (2 Korintires 6:15-17). Dit is hierdie wat met ons gebeur en ons skei van die wereld en apart maak van die wereld - ons is in die wereld maar nie van die wereld nie – en waar is dit meer toepaslik of belangrik as in ons intieme verhouding, die huwelik.

Die Bybel sê ook, “Moet julle nie langer laat mislei nie: "Slegte geselskap bederf goeie sedes” (1 Korintiers 15:33). Enige verhouding met ‘n ongelowige kan gou ‘n hindernis bring in ons verhouding met Christus. Ons word geroep om die evangelie te verkondig aan die verlorenes en nie om intiem met hulle te wees nie. Daar is wel niks verkeerd om kwaliteit vriendskappe met ongelowiges aan te knoop nie, maar dit is hoe ver dit moet gaan. Indien ons met ‘n ongelowige uitgaan waar sal ons prioriteit wees, romanse of om ‘n siel vir Christus te wen? Indien ons getroud is met ‘n ongelowige hoe sal die geestelike intimiteit van die huwelik werk? Hoe kan ‘n kwaliteit huwelik gebou en onderhou word indien ons nie ooreenstem op die mees kritiese aspek van die heelal – wat Jesus Christus is?

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is dit reg as ‘n Christen met ‘n nie-Christen trou?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries