settings icon
share icon
Vraag

Wat is intersessie-gebed?

Antwoord


Eenvoudig gestel, intersessie-gebed is om ten behoewe van ander te bid. Die rol van die tussenganger in gebed was algemeen in die Ou Testament, byvoorbeeld in die geval van Abraham, Moses, Dawid, Samuel, Hiskia, Elia, Jeremia, Esegiël en Daniël. In die Nuwe Testament word Christus uitgebeeld as die grootste intersessor en as gevolg hiervan raak alle Christene se gebede intersessie, aangesien dit aan God voorgelê word deur Christus. Jesus het die gaping tussen ons en God toegemaak, toe Hy aan die kruis gesterf het. As gevolg van Jesus se intree vir ons, kan ons nou intree deur gebed vir ander Christene of vir die verlorenes en vir God vra om hul versoeke volgens Sy wil toe te staan. “Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus” (1 Tim 2:5). “Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons” (Rom 8:34).

‘n Wonderlike voorbeeld van intersessie-gebed word in Daniël 9 gevind. Dit bevat al die elemente van ware intersessie-gebed. Dit is in antwoord op die Woord (v. 2); gekenmerk deur ywer (v.3) en selfverloëning (v. 4); onselfsugtige identifisering met die volk van God (v. 5); versterk deur belydenis (v. 5-15); in afhanklikheid van God se karakter (v. 4,7,9,15); en sy hoofdoel was die eer van God (v. 16-19). Soos Daniël, moet Christene na God toe kom en vir ander intree met ‘n gebroke en belydende houding, in besef van hul eie onwaardigheid en selfverloëning. Daniël het nie gesê, “Ek het die reg om dit van U te vra, God, aangesien ek een van U spesiaal, uitverkore intersessors is” nie. Hy sê, “Ek is ‘n sondaar” en dus, “Ek het nie die reg om enigiets te beveel nie.” Ware intersessie vra nie alleen om God se wil te ken en dit vervul te sien nie, maar om dit vervul te sien, óf dit tot ons voordeel strek óf nie en ongeag wat dit van ons vra. Ware intersessie soek God se eer, nie ons eie nie.

Die volgende is net ‘n gedeeltelike lys vir wie ons moet intree deur gebed: almal wat oor ons aangestel is en oor ons regeer (1 Tim 2:2); evangeliste (Fil 1:19); die kerk (Ps 122:6); vriende (Job 42:8); mede-landsburgers (Rom 10:1); die siekes (Jak 5:14); vyande (Jer 29:7); diegene wat ons vervolg (Matt 5:44); diegene wat ons in die steek laat (2 Tim 4:16); en vir alle mense (1 Tim 2:1).

Daar bestaan ‘n verkeerde opvatting in kontemporêre Christenskap, dat diegene wat hulself wy aan intersessie, spesiale “super-Christene” is en deur God tot ‘n spesifieke intersessie-bediening geroep is. Die Bybel stel dit duidelik dat alle Christene as intersessors geroep is. Alle Christene het die Heilige Gees in hul harte en netsoos Hy vir ons intree in ooreenstemming met God se wil (Rom 8:26-27), moet ons ook vir mekaar intree. Hierdie is nie ‘n voorreg wat beperk word tot sekere Christene nie, dit is vir almal daar. Dit is egter juis sonde om nie vir andere se sondes in te tree nie. “1 Sam 12:23, “Ook ek sal nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie.”

Petrus en Paulus het sekerlik nie hul versoek beperk tot diegene met ‘n spesiale gawe ten opsigte van intersessie, toe hulle ander genader het om vir hulle in te tree nie. Hand 12:5, “So is hy dan in die tronk bewaak, maar die gemeente het aanhoudend vir hom tot God gebid.” Let daarop dat die hele kerk vir hom gebid het en nie net diegene met ‘n gawe vir intersessie nie. In Ef 6:16-18 vermaan Paulus die gelowiges in Efese – almal van hulle – om die grondbeginsels van die Christelike lewe na te kom, wat intersessie insluit “Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees”. Dit is duidelik dat intersessie deel is van alle Christen-gelowiges se lewens.

In Rom 15:30 het Paulus gevra dat daar namens hom vir al die Romeinse gelowiges in Rome gebid moes word. Hy het ook die gelowiges van Kolossense aangemoedig om vir hom in te tree (Kol 4:2-3). Nêrens in die Bybel word daar gepraat van net ‘n sekere groep mense wat moes intersessie doen nie. Hulle wat ander mense gesoek het om vir hulle te bid, het van enige hulp beskikbaar, gebruik gemaak! Die idee dat net sekere Christene die voorreg het om intersessie te doen, is nie Bybelgefundeerd nie. Wat erger is, dit is dikwels ‘n afbrekende aanname, wat lei tot trots en belangrikheid.

God roep alle Christene om intersessors te wees. Dit is God se begeerte dat elke gelowige sal intree vir ander. Wat ‘n wonderlike en prysenswaardige voorreg het ons nie, om in dapperheid voor die Almagtige God se troon te kom met ons gebede en versoeke! English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is intersessie-gebed?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries