settings icon
share icon
Vraag

Wat is die aanvaarbare vlak van intimiteit voor die huwelik?

Antwoord


Efesiers 5:3 vertel ons, “Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie”. Enige iets wat sinspeel op seksuele sedeloosheid is nie reg vir ‘n Christen nie. Die Bybel gee nie vir ons ‘n lys wat kwalifiseer as “sinspeel” nie, die Bybel gee ook nie vir ons ‘n lys wat die fisiese raamwerk uitspel van wat toegelaat word voor die huwelik nie. Maar, alhoewel dit nie spesifiek genoem word nie kan ons nie redeneer dat dit dus God se goedkeuring wegdra nie. “Foreplay” is daar om reg te maak vir seksuele intimiteit, so dit sal mos van selfsprekend wees om dit te vermy en ons moet dit liewers los vir getroude paartjies.

Indien daar enige onsekerheid bestaan oor of iets reg is moet dit liewers vermy word (Romeine 14:23). Alle seksuele aktiwiteite moet behou word vir die huwelik. Ongetroude paartjies moet enige aktiwiteit wat hulle in sal versoeking bring, liewers vermy. Baie pastore en Christen raadgewers beveel aan dat daar liewers nie verder gegaan word as hande vas hou, omhels en ligte soen nie. Behou “foreplay” en die seksuele daad vir die huwelik want dit sal so veel te meer spesiaal wees wanneer julle getroud is.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die aanvaarbare vlak van intimiteit voor die huwelik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries