settings icon
share icon
Vraag

Wat is die inwoning van die Heilige Gees?

Antwoord


Die inwoning van die Heilige Gees is die aksie, waardeur God permanente inwoning in die liggaam van ‘n gelowige in Jesus Christus opneem. In die Ou Testament het die Gees gekom en gegaan in die lewe van heiliges en hulle bekragtig vir diens, maar nie noodwendig by hulle gebly nie (Rigters 15:14; 1 Kron 12:18; Ps 51:11; Eseg 11:5). Jesus het aan Sy dissipels die nuwe rol van die Gees van waarheid geopenbaar en die rol wat dit in hul lewens sou speel: “omdat Hy by julle bly en in julle sal wees” (Joh 14:17). Die apostel Paulus het geskryf, “Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik” (1 Kor 6:19-20).

Hierdie verse vertel ons dat die gelowige in Christus Jesus, die derde Persoon van die Drie-eenheid het, die Heilige Gees, wat in hom woon. As ‘n individu Christus as persoonlike Verlosser aanneem, gee die Heilige Gees aan die gelowige die lewe van God, ewige lewe, wat werklik Sy ware natuur is (Titus 3:5; 2 Pet 1:4) en die Heilige Gees kom om binne-in hom geestelik te woon. Die feit dat die gelowige se liggaam soos ‘n tempel is waar die Heilige Gees lewe, help ons om te verstaan waaroor die inwoning van die Heilige Gees alles gaan. Die woord “tempel” word gebruik om die Allerheiligste te beskryf, die binneste heiligdom in die Ou Testamentiese stuktuur van die tabernakel. Daar sou God se teenwoordigheid in ‘n wolk verskyn en die hoëpriester ontmoet, wat een maal ‘n jaar in die Allerheiligste kon ingaan. Op die Dag van Versoening, het die hoëpriester die bloed van ‘n geslagte dier gebring en dit op die versoendeksel van die Verbondsark gesprinkel. Op hierdie spesiale dag, het God vergifnis toegestaan aan die priester en Sy mense.

Vandag is daar geen Joodse tempel in Jerusalem nie en die offerandes van diere het opgehou. Die gelowige in Christus het die binneste heiligdom van God die Heilige Gees geword, aangesien die gelowige geheilig en vergewe is deur die bloed van Jesus Christus (Ef 1:7). Die gelowige in Christus word die woning van die Heilige Gees van God. Die Skrif sê ook dat die gelowige geestelik gesetel is in Christus (Kol 1:27) en by God die Vader (1 Joh 4:15) – die Drie-eenheid is betrokke.

Soos die Heilige Gees in die gelowige woon, bring Hy lewensveranderende resultate mee:

1.Die inwonende Gees kom na ‘n siel wat dood is in die sonde en skep nuwe lewe (Titus 3:5). Dit is die nuwe geboorte wat Jesus in Joh 3:1-8 van gepraat het.

2) Die inwonende Gees bevestig aan die gelowige dat hy aan die Here behoort en ‘n erfgenaam van God is en mede-erfgenaam saam met Christus (Rom 8:15-17).

3) Die inwonende Gees maak die nuut-gelowige ‘n lidmaat van Christus se universele kerk. Dit is die doping van die Heilige Gees, volgens 1 Kor 12:13.

4) Die inwonende Gees gee geestelike gawes (Godgegewe vermoëns vir diens) aan die gelowige om die kerk op te bou en die Here effektiewelik tot Sy eer te dien (1 Kor 12:11).

5) Die inwonende Gees help die gelowige om die Skrif te verstaan en aan te wend in sy daaglikse lewe (1 Kor 2:12).

6) Die inwonende Gees verryk die gelowige se gebedslewe en tree vir hom in deur gebed (Rom 8:26-27).

7) Die inwonende Heilige Gees bekragtig die nuutgevonde Christen om vir Christus te lewe en Sy wil te doen (Gal 5:16). Die Gees lei die gelowige op paaie van geregtigheid (Rom 8:14).

8) Die inwonende Gees gee getuienis van nuwe lewe deur die vrug van die Gees voort te bring in die gelowige se lewe (Gal 5:22-23).

9) Die inwonende Gees word bedroef wanneer die gelowige sondig (Ef 4:30), en Hy oortuig die gelowige om sy sonde te bely voor die Here, sodat die verhouding kan herstel (1 Joh 1:9).

10)Die inwonende Gees is die gelowige se seël tot op die dag van verlossing, sodat die gelowige se aankoms in die Here se teenwoordigheid gewaarborg is ná hierdie lewe (Ef 1:13-14).

Wanneer jy Christus as jou Verlosser aanvaar (Rom 10:9-13), maak die Heilige Gees woning in jou hart en bring saam met Hom ‘n totale nuwe lewe van liefde, verhouding en diens aan die Here.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die inwoning van die Heilige Gees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries