Vraag
Is God ‘n persoon?
Antwoord
Ja, God is ‘n persoon, maar as ons sê dat God ‘n “persoon” is, meen ons nie dat Hy ‘n menslike wese is nie. Ons bedoel dat God “persoonlikheid” het en dat Hy ‘n rasionele Wese met selfbewussyn is. Teoloë definieer “person” dikwels as “an individual being with mind, emotions and a will.” God het definitief ‘n brein (Ps 139:17), emosies (Ps 78:41) en wilshandeling (1 Kor 1:1). So, ja, God is ‘n persoon.
Niemand betwyfel die “personhood” van die mens nie en die mens is na God se beeld geskep (Gen 1:26-17). Deur die hele Bybel word die voornaamwoorde “Hy, Hom, Syne” gebruik ten opsigte van God.
Volgens die Bybel bestaan God uit drie Persone: Vader, Seun en Heilige Gees. Die Drie-eenheid van God is ‘n moeilike konsep om te begryp, maar die bewys is in die Bybel. In Jes 48:16 en 61:1, praat die Seun, terwyl daar verwys word na die Vader en die Heilige Gees (Luk 4:14-19). Matt 3:16-17 beskryf Jesus se doop. God die Heilige Gees daal neer op God die Seun, terwyl die Vader Sy blydskap in die Seun verkondig. Matt 28:19 en 2 Kor 13:14 praat ook van drie onderskeie Persone in die Drie-eenheid.
God die Vader is ‘n Persoon met ‘n verstand (Jes 55:8-9), emosies (Ps 78:40) en ‘n wil (1 Pet 2:15). God die Seun is ‘n Persoon met ‘n verstand (Luk 2:52), emosies (Joh 11:35) en ‘n wil (Luk 22:15). God die Heilige Gees is ‘n Persoon met ‘n verstand (Rom 8:27), emosies (Ef 4:30) en ‘n wil (Gal 5:17). Al drie Persone van die Drie-eenheid besit al die karaktertrekke van God (Joh 6:37-40; 8:17-25; Kol 1:13-20; Ps 90:2; 139:7-10; Job 42:2; 1 Kor 2:9-11; Hebr 9:14).
God wys Sy persoonlike natuur daarin dat Hy woede uitdruk (Ps 7:13), lag (Ps 2:4), medelye het (Ps 135:14), liefhet (1 Joh 4:8), haat kan leef (Ps 11:5), onderrig gee (Joh 14:26), berispe (Joh 16:8) en leiding gee (Rom 8:14). Al hierdie handelinge impliseer die feit dat God ‘n persoon is.
English
Is God ‘n persoon?