settings icon
share icon
Vraag

Kan God my red?

Antwoord


Die vraag “Kan God my red?” is oor die jare al deur miljoene mense gevra. Nie net kan God jou nie red nie, maar slegs God kan jou red. Om te verstaan hoekom die antwoord op die vraag “Kan God my red?” “ja!” is, moet ons kan verstaan waarom ons verlossing in die eerste plek nodig het. Toe Adam aan God ongehoorsaam was in die tuin van Eden, het sy sonde die res van die skepping vergiftig (Rom 5:12). Hierdie en die sondige natuur wat ons van Adam geërf het, het ons van God verwyder. As gevolg van God se groot liefde vir ons, egter, het Hy ‘n plan gehad (Gen 3:15). Hy sou na die aarde toe kom as ‘n menslike wese in die persoon van Jesus Christus en gewilliglik Sy lewe vir ons neerlê, deur die straf wat ons verdien, op Hom te neem. Toe ons Verlosser vanaf die kruis uitgeroep het, “Dit is volbring” (Joh 19:30), was ons sondeskuld ten volle vereffen, vir ewig en altyd. Jesus Christus het ons gered van ‘n seker dood en ‘n wrede, godlose ewigheid.

Vir ons om te baat deur Christus se soenoffer, moet ons slegs in Hom glo en Sy offerande, as die betaling vir ons sonde aanvaar (Joh 3:16). En God sal ons met Sy regverdigheid van Christus oordek, die oomblik as ons dit doen (Rom 3:22). Maar sonder hierdie toegerekende regverdigheid, sou ons net nooit in staat gewees het om die teenwoordigheid van die heilige God in te gaan nie (Hebr 10:19-25).

Ons verlossing dra baie meer by as ons ewige bestemming, om egter “gered te wees” het ook ‘n onmiddellike impak. Die goeie nuus is dat Christus se voltooide werk aan die kruis ons gered het van ewige skeiding van God en dit het ons ook gered van die mag wat sonde nog steeds oor ons lewe het. Sodra ons Christus aangeneem het, kom woon Sy Gees in ons en ons word nie meer langer deur die sondige natuur beheer nie. Hierdie vryheid maak dit vir ons moontlik om “nee” te sê vir sonde en ons verslawing ten opsigte van die begeertes van die vlees te oorkom. “Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle” (Rom 8:9).

Dit maak nie saak wie jy is of wat jy gedoen het nie. Jesus Christus het in hierdie wêreld gekom om sondaars te red (1 Tim 1:15) en ons is almal sondaars (Rom 3:23). Nie een van ons is buite bereik van God se reddende genade nie (Jes 59:1). Die apostel Paulus is ‘n groot voorbeeld van God se verreikende genade. Paulus het die eerste gedeelte van sy lewe spandeer in haat, gevangenis, vervolging en selfs om Christene dood te maak. Toe het een ontmoeting met Jesus Christus Paulus verander in een van die grootste Christen-sendelinge wat ooit geleef het. As God Paulus kon red, die “grootste” van sondaars (1 Tim 1:15), dan kan Hy enige iemand red.

Die mensdom is die kroon van God se skepping, gemaak na Sy beeld (Gen 1:26). God verlang dat almal van ons gered moet word (1 Tim 2:4) en nie een verlore moet gaan nie (2 Pet 3:9; Eseg 18:32). Aan hulle wat in Jesus se Naam glo, gee God die reg om kinders van God te word (Joh 1:12). Wat die Here vir Sy kinders sal doen, word in Ps 91 beskryf: “’Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,’ sê die Here, ‘omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel’” (Ps 91:14-15).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan God my red?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries