settings icon
share icon
Vraag

Ken God die toekoms?

Antwoord


Die Bybel is altyd volkome akkuraat, insluitende die profetiese inhoud. Let byvoorbeeld op die profesie dat Christus in Betlehem in Judea gebore sou word, soos in Miga 5:2 voorspel is. Miga het sy profesie rondom 700 vC gegee. Waar is Christus 7 eeue later gebore? In Betlehem in Judea (Luk 2:1-20; Matt 2:1-12).

Peter Stoner het in Science Speaks bewys dat toevalligheid uitgeskakel is deur die wetenskap van waarskynlikheid. Deur net 8 profesieë aangaande Christus te neem, het Stoner gevind dat die kans dat enige mens al 8 profesieë kon vervul het, is 1 uit 10 tot die mag 17. Dit sou 1 kans uit 100,000,000,000,000,000 wees. Jesus het vir seker baie meer as 8 profesieë vervul! Daar is geen twyfel dat die Bybel heeltemal akkuraat is in voorspelling van die toekoms nie.

Aangesien God die toekoms kan voorspel, ken Hy vir seker die toekoms. Jesaja het hierdie woorde oor God geskryf: “Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek” (Jes 46:9-10). God is die enigste Een wat by die begin kan staan en die einde akkuraat verklaar.

God is alwetend; Hy weet alles, feitlik en moontlik. God is ook ewig (Ps 90:2). As die ewige, alwetende God het Hy ons gisters, ons vandag, ons môres, die verlede, hede en toekoms in Sy hande.. God is die Alfa en Omega, die Begin en die einde (Openbaring 21:6).

Daar is steeds profesieë in die Bybel wat vervulling afwag. Omdat God die toekoms ken, kan ons staatmaak op al die profesieë wat eventueel vervul moet word. Gebeurtenisse vind plaas in God se kalender volgens Sy plan. Ons weet wie hou die toekoms in Sy hande – die een ware, persoonlike, ewige en alwetende God van die Bybel.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Ken God die toekoms?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries