Vraag
Wat is kulturele relativisme?
Antwoord
Kulturele relativisme is die siening dat alle gelowe, gewoontes en etiek relatief is ten opsigte van die individu binne-in sy eie sosiale konteks. Met ander woorde, “reg” en “verkeerd” is kultuur-spesifiek; wat in een samelewing as moreel beskou word, kan in ‘n ander as immoreel gesien word en, aangesien geen universele standaard van moraliteit bestaan nie, het niemand die reg om ‘n ander samelewing se gebruike of gewoontes te veroordeel nie.
Kulturele relativisme word wyd aanvaar in moderne antropologie. Eersgenoemde glo dat alle kulture waardig is in hul eie reg en is van gelyke waarde. Diversiteit van kulture, selfs daardie met botsende morele oortuigings, moet nie in terme van reg en verkeerd of goed en sleg beskou word nie. Die huidige antropoloë beskou alle kulture as gelyke regmatige uitdrukkings van menslike bestaan te wees, en om vanuit ‘n suiwer neutrale perspektief bestudeer te word.
Kulturele relativisme hou noue verband met etiese relativisme, wat die waarheid sien as veranderlik en nie absoluut nie. Wat as reg en verkeerd gekonstitueer word, word alleenlik bepaal deur die individu of deur die samelewing. Aangesien die waarheid nie objektief is nie, kan daar geen objektiewe standaard wees wat op alle kulture van toepassing is nie. Geeneen kan sê of iemand anders reg of verkeerd is nie; dit is ‘n saak van persoonlike opinie en geen samelewing kan oordeel plaas op ‘n ander samelweing nie.
Kulturele relativisme sien niks inherent verkeerd (en niks inherent goed) met enige kulturele uitdrukking nie. Dus, die antieke Maja-gebruike van selfskending en menslike offerande is nie goed of sleg nie; dit is eenvoudig kulturele onderskeidings, verwant aan die Amerikaanse gebruik soos die skiet van vuurwerke op die Vierde Julie. Menslike offerande en vuurwerke – beide is eenvoudig verskillende produkte van aparte sosialisasie.
In Januarie 2002, toe president Bush na terroriste-nasies verwys het as ‘n “axis of evil,” was die kulturele relativiste erg beledig. Dat enige samelewing na ‘n ander kan verwys as “boos” is ‘n vervloeking volgens die relativis. Die huidige beweging om radikale Islam te “verstaan” – eerder om dit te beveg – is ‘n teken dat relativisme voordeel trek. Die kulturele relativis glo dat die Westerse wêreld nie hul idees op die Islamitiese wêreld moet afdwing nie, insluitende die idee dat selfmoord-bomaanvalle op burgerlikes boos is. Islamitiese geloof in die nodigheid van die heilige oorlog (jihad) is net so geldig as enige geloof in die Westerse samelewing, so beweer die relativiste en Amerika word ewe veel geblameer vir die 9/11 se aanvalle as die terroriste.
Kulturele relativiste is gewoonlik gekant teen sendingwerk. As die Evangelie in harte en lewens penetreer, verander lewens en sommige kulturele veranderings volg altyd. Byvoorbeeld, toe Don en Carol Richardson die Sawi-stam van die Nederlandse New Guinea in 1962 geëvangeliseer het, het die Sawi verander: soos hul lang volgehoue gebruike van kannibalisme en die offer van weduwees op brandstapels by hul mans se begrafnisse.
Die kulturele relativisme mag die Richardsons van kulturele imperialisme beskuldig, maar die grootste deel van die wêreld sou saam stem dat die beëindiging van kannibalisme ‘n goeie ding is. (Vir die volledige storie van die Sawi-stam se bekering, as ook ‘n uiteensetting van kulturele hervorming soos dit verband hou met sending, sien Don Richardson se boek “Peace Child”).
As Christene heg ons waarde aan alle mense, ongeag die kultuur, omdat ons erken dat alle mense na die beeld van God geskape is (Gen 1:27). Ons erken ook dat diversiteit van kultuur ‘n baie mooi ding is en verskille in kos, kleredrag, taal, ens. ook. Dit moet waardeer en bewaar word. Terselfdertyd weet ons dat as gevolg van sonde, nie alle gelowe en praktyke binne-in ‘n kultuur godvresend of kultureel voordelig is nie. Waarheid is nie ondergeskik nie (Joh 17:17); waarheid is absoluut en daar bestaan ‘n morele standaard waarvoor elke mens van elke kultuur verantwoordelik gehou sal word (Openbaring 20:11-12).
Ons doel as sendelinge is nie om die wêreld te verwesters nie. Eerder, om die goeie nuus van verlossing in Christus aan die wêreld te verkondig. Die Evangelie-boodskap wil sosiale hervorming laat ontvlam tot so ‘n mate dat enige samelewing wat teen God se morele standaard handel, sal verander – afgodery, poligamie en slawerny, as voorbeeld: dit sal tot ‘n einde kom as die Woord van God seëvier (Hand 19). In amorele sake probeer die sendelinge bewaring bewerk en eer ook die kultuur van die mense wat hulle bedien.
English
Wat is kulturele relativisme?