settings icon
share icon
Vraag

Wat is die definisie van ‘n kultus?

Antwoord


Wanneer ons die word “kultus” hoor, dink ons dikwels aan ‘n groep wat Satan aanbid, diere offer, of deelneem aan bose, bisarre, en heidense rituele. Maar in werklikheid kom die meeste kultusse meer onskuldig voor. Die spesifieke Christelike definisie van ‘n kultus is “’n godsdienstige groep wat een of meer van die fundamentele Bybelse waarhede verloën.” In eenvoudiger terme, ‘n kultus is ‘n groep wat iets leer wat veroorsaak dat ‘n persoon ongered bly as hy/sy daaraan glo. In teenstelling met ‘n godsdiens, is ‘n kultus ‘n groep wat aanspraak maak om deel van die godsdiens te wees, terwyl die essensiële waarhede van daardie godsdiens verloën word. ‘n Christelike kultus is ‘n groep wat een of meer van die fundamentele waarhede van Christenskap verloën, maar steeds daarop aanspraak maak om Christene te wees.

Die twee mees algemene leringe van kultusse is dat Jesus nie God is nie en dat verlossing nie deur geloof alleen geskied nie. ‘n Verloëning van die godheid van Christus het die gevolg dat Jesus se sterwe nie genoegsame betaling vir ons sonde was nie. ‘n Verloëning van verlossing deur geloof alleen het die gevolg dat verlossing deur ons eie dade verkry word, iets wat hewig en konsekwent in die Bybel ontken word. Die twee mees bekende voorbeelde van kultusse is die Jehova Getuies en die Mormone. Beide groepe maak daarop aanspraak om Christene te wees, terwyl beide die godheid van Christus en redding deur geloof alleen ontken. Jehova Getuies en Mormone glo baie dinge wat vergelyk met of eenders is met wat die Bybel leer. Maar, die feit dat hulle die godheid van Christus verloën en redding deur eie werke verkondig, kwalifiseer hulle as ‘n kultus. Baie Jehova Getuies, Mormone en lede van ander kultusse is “goeie mense” wat opreg glo dat hulle die waarheid steun. As Christene moet ons hoop en bid dat die baie mense wat by kultusse betrokke is, deur die leuens sal sien en na die waarheid van redding deur geloof in Jesus Christus alleen, aangetrek sal word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die definisie van ‘n kultus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries