Vraag
Wat is die belangrikheid van die leë graf?
Antwoord
Vanaf die vroegste apostoliese tyd, was die realiteit van die leë graf – die bybelse waarheid dat die graf van Jesus van Nasaret deur Sy dissipels leeg gevind was – in die senter van die Christelike proklamering. Al vier evangelies beskryf op verskillende wyses, die omstandighede rondom die ontdekking van die leë graf (Matt 28:1-6; Mark 16:1-7; Luk 24:1-12; Joh 20:1-12). Maar is daar enige goeie redes om te dink dat hierdie bewerings histories akkuraat is? Kon ‘n regverdig-denkende ondersoeker tot die slotsom kom dat, in alle moontlikheid, Jesus se graf leeg gevind was op daardie eerste Paasmôre? Daar is verskeie argumente wat baie historici goed oortuig het dat Jesus se graf inderdaad leeg was op die Sondag, ná Sy kruisiging.
Eerstens, die ligging van Jesus se graf sou eenders bekend wees aan Christene en nie-Christene. Aangesien dit waar is dat die meeste slagoffers van kruisiging in ‘n begraafplaas vir nikswerd kriminele gegooi sou word of eenvoudig aan die kruis gelos was vir voëls en ander soorte aasvreters om aan te vreet,was die geval van Jesus anders. Die historiese weergawe dui aan dat Jesus in die graf van Josef van Arimatea, ‘n lid van die Sanhedrin, begrawe was, dieselfde groep wat Jesus se teregstelling bewerk het. Baie skeptiese Nuwe Testamentiese geleerdes was oortuig dat Jesus se begrafnis deur Josef van Arimatea onwaar is en net ‘n Christelike verwerking. Gegewe die verstaanbare vyandigheid teenoor die Sanhedrin, wat hulle gevoel het, grootliks verantwoordelik was vir hul Meester se dood, is dit onwaarskynlik dat Jesus se volgelinge ‘n tradisie sou ontdek oor ‘n lid van die Sanhedrin, wat sy eie graf sou gebruik om vir Jesus ‘n respektabele begrafnis te gee.
As toevoeging het onlangse argeologiese ontdekkings gedemonstreer dat die styl van die graf wat beskryf word in die begrafnisweergawes in die evangelies (‘n akrosolia of ‘n bankgraf) was grootliks deur die welgestelde en ander belangrike mense gebruik. So ‘n beskrywing pas goed by wat ons weet van Josef van Arimatea. Arimatea was ‘n klein dorpie van min belang, sonder enige tipe van skriftuurlike simbolisme en geen kompeterende begrafnistradisies nie. Enige ernstige twyfel dat Jesus in Josef se graf begrawe was, is uitgesluit.
Die belangrikheid van hierdie feite moet nie oorgesien word nie, aangesien die Sanhedrin dan sekerlik die ligging van Josef se graf sou geken het en dus, waar Jesus begrawe sou word. En indien die ligging van Jesus se graf aan die Joodse outoriteite bekend was, sou dit byna onmoomtlik wees vir die Christelike beweging om enige aansien in Jerusalem te wen, dieselfde stad waar Jesus bekend was om begrawe te word. Sou nie enige Joodse godsdienstige leiers die entjie geloop het na Josef se graf om hierdie bewering te staaf nie? Het die Sanhedrin nie elke motivering gehad om Jesus se liggaam te toon (sou dit beskibaar wees) en ‘n einde gebring het aan hierdie gerugte, eens en vir altyd nie? Die feit dat die Christendom begin het om bekeerlinge in Jerusalem te wen, vertel ons dat geen liggaam na vore gekom het nie, ongeag die Joodse godsdienstige leierskap elke motivering gehad het om een na vore te bring. Indien Jesus se gekruisigde liggaam getoon was, sou die Christelike beweging, met hul klem op die opgestane Jesus, ‘n dodelike hou toegedien gewees het.
Tweedens, die leë graf is ingesluit in die vroeë mondelinge formulering, aangehaal deur die apostel Paulus in 1 Kor 15. Terwyl al vier Evangelies verwys na die leegheid van Jesus se graf, kom ons vroegste verwysing van die leë graf van Paulus af. In sy skrywe aan die kerk in Korinte ongeveer 55 n C, haal Paulus ‘n mondelingse belydenis aan, wat die meeste geleerdes glo dat hy dit van die apostels Petrus en Jakobus ontvang het, slegs 5 jaar na Jesus se kruisiging (Gal 1:18-19). Paulus verklaar, “Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf “ (1 Kor 15:3-5). Toe Paulus skryf “Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte…..” word daarmee sterk geïmpliseer (gegewe Paulus se Fariseïese agtergrond) dat die graf waarin Jesus begrawe was, leeg was.Vir ‘n Fariseër soos Paulus, wat afgaan in begrawing, kom op in opstanding. Gegewe dat Paulus se bron vir hierdie belydenis heel waarskynlik die apostels van Jerusalem was en hul nabyheid, ten opsigte van die gebeure wat bevraagteken word, gee Paulus se aanhaling sterk getuienis dat Jesus se graf leeg gevind was en dat hierdie feit alombekend was in die vroeë Christelike gemeenskap. Die beswaar wat dikwels herhaal was dat Paulus onbewus was van ‘n leë graf, word beantwoord waar ons sien dat Paulus iewers geleer het dat Jesus se opstanding liggaamlik van aard was (Rom 8:11; Fil 3:21). Vir Paulus sou ‘n opstanding wat nie ‘n leë graf voortgebring het nie, ‘n weerspreking ooreenkomstig wees.
Derdens wil dit voorkom of daar sterk vyandige getuienis van die bestaan van ‘n leë graf is. Die eerste daarvan kom uit die evangelie van Matteus, waar hy skryf dat daar ‘n erkenning van die leë graf by die Joodse leiers self was (Matt 28:13-15). Hulle het beweer dat die dissipels die liggaam van Jesus gesteel het. Gegewe die nabyheid van die gebeure wat bevraagteken word, sou die skrywe in Matteus so ‘n bewering maklik weerlê as onwaar. Sou Matteus nie die waarheid gepraat het nie, sou sy weergawe van die Joodse houding ten opsigte van die leë graf, maklik in diskrediet gebring word, aangesien baie van die tydgenote van daardie gebeure nog gelewe het toe Matteus se evangelie gesirkuleer het. Hoekom sou hulle egter die dissipels beskuldig dat hulle Jesus se liggaam sou steel, as die graf steeds die dooie liggaam van Jesus bevat het? Die teenbeskuldiging gemaak deur die Jode se voorveronderstelling, was dat die graf leeg was.
Dat die Jode die dissipels beskuldig het van diefstal, is gestaaf deur die Christelike apologeet, Justin Martyr, in die middel van die tweede eeu (Dialogue with Trypho, 108) en dan weer rondom 200 n C deur die kerkvader, Tertullian (De Spectaculis, 30). Beide Justin en Tertullian was met die Jode in ‘n debat gewikkel en was in die posisie om te weet wat dit was wat hul Joodse opponent gesê het. Hulle het nie slegs op die Matteus Evangelie gesteun vir hul inligting nie. Al drie van hierdie skrywers gebruik aanhalings wat nie deur die ander genoem was nie. Gebaseer op hierdie oorwegings, skyn dit dat daar ‘n vroeë Joodse erkentenis was van ‘n leë graf.
Vierdens meld al vier Evangelies dat Jesus se graf leeg gevind is deur vroue. Hierdie punt is veral van belang, gegewe die patriargiese aard van die eerste eeuse Palestina. Terwyl dit waar is dat vroue toegelaat was om onder beperkte toestande te getuig in die hof, is dit ook die geval dat in die eerste eeuse Joodse samelewing, ‘n vrou se getuienis baie minder werd was as dié van ‘n man. Sou jy ‘n storie opmaak in ‘n poging om ander te oortuig dat Jesus opgewek is uit die dood, sou jy nooit vroue as jou hoofgetuies gebruik het nie. Enige opgemaakte storie sou manne gebruik, soos die dissipels: Petrus of Andreas of Johannes, die ontdekkers van die leë graf. Die getuienis van mans sou baie meer nodige kredietwaardigheid toevoeg tot die storie.
Tog berig die Evangelies dat, terwyl Jesus se dissipels wat mans was, van vrees oorbluf was, en vir die owerhede weggekruip het, dit vroue was as die vroegste ooggetuies van die leë graf. Daar sou eenvoudig geen rede wees vir die vroeë kerk om so ‘n scenario uit te dink nie, tensy dit waar was. Hoekom sou die vroeë Christene hul manlike ooggetuies as lafaards uitbeeld en vroue in die rol van primêre ooggetuies plaas? Een van hierdie vroulike ooggetuies, genoem Maria Magdalena, was bekend as ‘n vrou wat met 7 duiwels besete was vroeër in haar lewe en dit maak haar selfs minder betroubaar as getuie in baie mense se oë. En tog, ten spyte van hierdie as bewese benadeling, het die vroegste Christene daarop aangedring dat die eerste ooggetuies, rakende die leë graf, inderdaad vroue was. Die mees aanvaarbare verduideliking hiervan is dat hierdie vroue die eerste ooggetuies van die leë graf was en dat die vroegste Christene onwillig was om ‘n leuen daaroor te vertel, ondanks die potensiële ontstellende aard daarvan.
Al vier hierdie argumente help om bykomende bewyse te voorsien dat die graf van Jesus Christus leeg was op die eerste Paasfees. ‘n Buitengewone vertelling is die samevatting van die historikus Michael Grant, hyself ‘n skeptikus van Jesus se opstanding, “…if we apply the same sort of criteria that we would apply to any other ancient literary sources, then the evidence is firm and plausible enough to necessitate the conclusion that the tomb was, indeed, found empty.”
Dis vanselfsprekend dat daar meer toe te voeg is tot die storie is as net ‘n leë graf. Die rede hoekom die graf leeg gevind was, was dat die man wat daar begrawe was, opgestaan het uit die dood. Jesus het nie slegs Sy graf verlaat nie, maar verskyn aan tallose mense, individueel (Luk 24:34) en ook aan groepe (Matt 28:9; Joh 20:26-30; 21:1-14; Hand 1:3-6; 1 Kor 15:3-7). En Sy opstanding uit die dood sou die sekere bewys wees Wie Hy beweer het om te wees (Matt 12:38-40; 16:1-4) – die verrese Seun van God, ons enigste hoop op verlossing.
English
Wat is die belangrikheid van die leë graf?