settings icon
share icon
Vraag

: Hoekom is die waarheid oor die liggaamlike opstanding van Jesus Christus so belangrik?

Antwoord


Die liggaamlike opstanding van Jesus Christus is die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis, deurdat dit onweerlegbare getuienis voorsien dat Jesus is wie beweer was om te wees – die Seun van God. Die opstanding was nie slegs die hoogste bevestiging van Sy godheid nie; dit bevestig ook die geldigheid van die Skrif, wat Sy koms en opstanding voorspel het. Meer nog, dit bevestig ook Christus se bewerings dat Hy op die derde dag opgewek sou word (Joh 2:19-21; Mark 8:31; 9:31; 10:34). Indien Christus se liggaam nie opgewek was nie, het ons geen hoop dat ons s’n sal opgewek word nie (1 Kor 15:13,16). Om die waarheid te sê, sonder Christus se liggaamlike opstanding, het ons geen Verlosser nie, geen verlossing nie en geen hoop op ‘n ewige lewe nie. Soos die apostel Paulus gesê het, ons geloof sou “tevergeefs” wees en die lewegewende krag van die evangelie sou daarmee saam sonder “inhoud” wees.

Aangesien ons ewige bestemmings afhang van die waarheid van hierdie historiese gebeurtenis, was die opstanding die teiken van Satan se grootste aanvalle teen die kerk. Daarvolgens is die geskiedkundigheid van Christus se liggaamlike opstanding vanuit elke hoek ondersoek en nagevors en deur ontelbare geleerdes, teoloë, professors en ander oor die eeue heen bestudeer. En alhoewel ‘n aantal teorieë daarop aanspraak gemaak het om hierdie gewigtige gebeurtenis te weerlê, bestaan daar geen geloofwaardige bewys wat enigiets anders sou staaf, as Sy letterlike liggaamlike opstanding nie. Aan die ander kant is die duidelike en oortuigende bewys van die liggaamlike opstanding van Jesus Christus oorweldigend.

Nietemin, by die Christene in die antieke Korinte tot by baie huidiglik, bestaan steeds misverstande ten opsigte van sekere aspekte van ons Verlosser se opstanding. Hoekom, vra sommige, is dit belangrik dat Christus se liggaam opgewek was? Kon Sy opstanding nie net geestelik wees nie? Hoekom en hoe waarborg die opstanding van Jesus Christus die liggaamlike opstanding van gelowiges? Sal ons opgewekte liggame dieselfde wees as ons aardse liggame? Indien nie, hoe sal hulle dan lyk? Die antwoorde van hierdie vrae word in die vyftiende hoofstuk van Paulus se eerste brief aan die kerk in Korinte gevind, ‘n kerk wat Hy verskeie jare vroeër gedurende sy tweede sendingreis tot stand gebring het.

In aansluiting by die groeiende faksies in die jong Korintiese kerk, was daar erge misverstande oor sommige sleuteldoktrines van die Christene, insluitende die opstanding. Alhoewel baie van die Korintiërs aangeneem het dat Christus opgewek is (1 Kor 15:1, 11), het hulle probleme gehad om te glo dat ander kon of sou opgewek word. Die aanhoudende invloed van die Gnostiese filosofie, wat glo dat alles wat geestelik is, goed was, terwyl alles wat fisies is, soos ons liggame, innerlik boos was, was hoofsaaklik verantwoordelik vir hul verwarring ten opsigte van hul eie opstanding. Die gedagte aan ‘n verfoeilike lyk wat weer in die ewigheid opgewek sou word, was ten sterkste geopponeer deur sommige en sekerlik deur die Griekse filosofieë van daardie tyd (Hand 17:32).

Tog het die meeste Korintiërs verstaan dat Christus se opstanding liggaamlik en nie geestelik was nie. Per slot van rekening, “opstanding” beteken “’n opwekking vanuit die dood,” iets kom terug na die lewe. Hulle het verstaan dat alle siele onsterflik was en by die dood dadelik gaan om by die Here te wees (2 Kor 5:8). Dus, ‘n “geestelike” opstanding sou geen sin maak nie, aangesien die gees nie sterf nie en dus nie opgewek kan word nie. Hulle was ook bewus daarvan dat die Skrif, sowel as Christus Self, gesê het dat Sy liggaam op die derde dag sou opstaan. Die Skrif maak dit ook duidelik dat Christus se liggaam geen verganklikheid sou sien nie (Ps 16:10; Hand 2:27), ‘n aantyging wat sinneloos sou wees, indien Sy liggaam nie opgewek was nie. Laastens, het Christus vol simpatie aan Sy dissipels gesê dat dit Sy liggaam was wat opgewek was: “’n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie” (Luk 24:39).

Weer, egter, was die Korintiërs se bekommernis hul persoonlike opwekking. Volgens Paulus het hy hulle probeer oortuig dat, omdat Christus uit die dood opgestaan het, hulle ook eendag sou opstaan uit die dood en dat dié twee opstandings – Christus s’n en ons s’n – staande moet bly, of saam moet val, want “As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie” (1 Kor 15:13).

1 Kor 15:20-22, “Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur ‘n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur ‘n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.”

Toe Jesus opgewek is, het Hy die “first fruits” (eersteling) geword van almal wat opgewek sou word (Kol 1:18). Die Israeliete kon nie hul graan volledig insamel , voordat hulle ‘n verteenwoordigende monster (first fruits) aan die priesters as ‘n offerande vir die Here gebring het nie (Lev 23:10). Dit is wat Paulus in 1 Kor 15:20-22 bedoel; Christus se eie opstanding was die “first fruits” van die opstandingsoes van die gelowige gestorwene. Die “eersteling” wat Paulus van praat, dui aan dat iets gaan volg en dat iets Sy opvolgers sal wees – die res van die “oes.” Dit is hoe Christus se opstanding ons s’n waarborg. Inderdaad, Sy opstanding vereis ons opstanding.

En om hul bekommernisse te verlig, deurdat hulle die gees verbind met ‘n ongewenste liggaam, het Paulus aan hulle die natuur van ons opgewekte liggame verduidelik en hoe hulle sou verskil van ons aardse liggame. Paulus het ons gestorwe aardse liggame vergelyk met ‘n “saad,” en God sou uiteindelik ‘n ander liggaam voorsien (1 Kor 15:37-38), wat sal wees soos Christus se verheerlikte opgewekte liggaam (1 Kor 15:49; Fil 3:21). Inderdaad, netsoos met ons Here, sal ons liggame wat nou verganklik, onteer, en swak is, natuurlik eendag opgewek word in liggame wat onverganklik, verheerlik, kragtig en geestelik is (1 Kor 15:42-44). Ons geestelike liggame sal volmaak toegerus wees vir die hemelse, bonatuurlike lewe.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

: Hoekom is die waarheid oor die liggaamlike opstanding van Jesus Christus so belangrik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries