settings icon
share icon
Vraag

Hoe maklik is dit om te glo?

Antwoord


Ons is gered uit genade deur geloof (Ef 2:8). Daar is sommige wat anders daaroor dink, dat daar geen ooreenkomstige behoefte is vir ‘n toegewyde lewe van Christelike dissipelskap, as die bewys van verlossing nie. Ander mag sê dat iemand gered is, omdat hy ‘n gebed gebid het – met geen opregte vrymaking van sonde en geen opregte geloof in Christus nie. Om ‘n gebed te bid is maklik, maar daar is meer aan redding as om net woorde uit te spreek.

Baie van die debat is onnodig en gebaseer op ‘n misverstaan van die Skrif. Die Bybel is duidelik dat verlossing genade alleen is, deur geloof alleen, in Christus alleen. Geloof, gegee as ‘n geskenk van God, is wat ons red. Maar Ef 2:10 vertel van die resultate van verlossing: “God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Eerder, om gered te wees deur ‘n maklike wyse van ons eie wil, is ons werklik gered deur die hand van God die Almagtige, deur Sy wil en vir Sy gebruik. Ons is Sy dienaars en vanaf die oomblik van redding deur geloof, gaan ons op ‘n reis van vooraf beplande goeie werke, wat getuig van daardie verlossing. As daar geen getuienis van groei en goeie werke is nie, het ons rede om te twyfel dat redding werklik plaasgevind het. “Jou dwaas, wil jy ‘n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is?” (Jak 2:20) en ‘n dooie geloof is nie ‘n reddende geloof nie.

“Alleenlik geloof” beteken nie dat sommige gelowiges Christus volg in ‘n lewe van dissipelskap, terwyl ander nie. Die konsep van die “vleeslike Christen,” soos in ‘n aparte kategorie van ‘n nie-geestelike gelowige, is heeltemal onskriftuurlik. Die opvatting oor die vleeslike Christen sê dat ‘n persoon Christus as Verlosser kan aanvaar gedurende ‘n godsdienstige geleentheid, maar nooit getuienis lewer van ‘n lewe wat verander het nie. Dit is ‘n vals en gevaarlike lering waarin dit verskeie goddelose leefstyle verskoon: ‘n man kan ‘n onbelydende egbreker, leuenaar of dief wees, maar hy is “gered,” omdat hy ‘n gebed gebid het as kind; hy is slegs ‘n “vleeslike Christen.” Nêrens ondersteun die Bybel die gedagte dat ‘n ware Christen vleeslik kan bly vir ‘n hele leeftyd nie. Eerder noem God se Woord twee kategorieë van mense: Christene en nie-Christene, gelowiges en ongelowiges, hulle wat gebuig het voor die Heerskappy van Christus en hulle wat dit nie gedoen het nie (Joh 3:36; Rom 6:17-18; 2 Kor 5:17; Gal 5:18-24; Ef 2:1-5; 1 Joh 1:5-7; 2:3-4).

Aangesien die sekerheid van verlossing ‘n bybelse feit is, gebaseer op die afgehandelde werk van verlossing deur Christus, is dit sekerlik waar dat sommige van hulle wat lyk asof hulle “’n besluit geneem het” of “Christus aangeneem het,” mag nie werklik gered wees nie. Soos voorheen genoem, is verlossing nie so seer om Christus aan te neem nie, maar Hý wat ons aanneem. Ons is gered deur die krag van God vir die doel van God en daardie doel sluit die werke in wat getuig van ons redding. Hulle wat aanhou lewe volgens die vlees is nie gelowiges nie (Rom 8:5-8). Dit is waarom Paulus ons vermaan om onsself “op die proef te stel” en “ondersoek julleself of julle in die geloof lewe” (2 Kor 13:5). Die “vleeslike” Christen wat homself ondersoek, sal gou sien dat hy/sy nie in die geloof is nie.

Jak 2:19 sê, “Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die duiwels glo dit ook – en hulle sidder van angs.” Die tipe “geloof” wat duiwels het, kan vergelyk word met die intellektuele bewering wat gemaak word deur hulle wat “glo” in Jesus in die feit dat Hy bestaan of dat Hy ‘n goeie persoon was. Baie ongelowiges sê, “Ek glo in God” of “Ek glo in Jesus”; ander sê, “Ek het ‘n gebed gebid en die prediker het gesê dat ek gered was.” Maar sulke gebede en so ‘n geloof bring nie noodwendig ‘n verandering van die hart nie. Die probleem is ‘n misverstaan van die woord “glo.” Saam met opregte redding kom opregte belydenis en ware lewensverandering. 2 Kor 5:17 sê dat hulle wat in Christus is, is ‘n “nuwe mens.” Is dit moontlik dat die nuwe persoon wat Christus skep, iemand is wat aanhou stap in die vleeslikheid van die mens? Nee.

Verlossing is sekerlik verniet, maar terselfdertyd kos dit ons alles. Ons moet sterf in onsself, soos ons verander na die beeld van Christus. Ons moet erken dat ‘n persoon met geloof in Jesus ‘n voortdurende lewe van verandering sal lei. Verlossing is ‘n verniet gawe van God aan hulle wat glo, maar dissipelskap en gehoorsaamheid is die antwoord wat geen twyfel laat, as iemand werklik in geloof na Christus toe keer nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe maklik is dit om te glo?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries