Vraag
Is die ooreenkoms in menslike/sjimp-DNA ‘n bewys vir evolusie?
Antwoord
Gedurende vorige jare het genoomkartering dit moontlik gemaak om gedetaileerde ooreenkomste tussen die DNA van mensen en dié van sjimpansees te vind. Baie het beweer dat mense en sjimpansees meer as 98% van hul DNA deel. Dit word dikwels gebruik as afdoende bewys vir die gemene afkoms van ape en mense. Maar is hierdie argument houdbaar? Is dit werklik ‘n feit wat definitief bewys dat daar gemene afkoms is? Dit is ons standpunt dat die persentasie misleidend is. Om die waarheid te sê, indien die data van naderby ondersoek word, wil dit voorkom asof die menslike-sjimp genome ooreenstemmings toon en wat deur evolusie voorspel sou wees, weerspreek word.
In werklikheid is die genetiese verskille tussen mense en sjimpansees waarskynlik groter as 2% is. Meer onlangse studies het gewys dat die ware genetiese afwyking tussen mense en ape waarskynlik nader aan 5% is. Dus is die “oor 98% ooreenkoms”-argument waarskynlik ‘n oordrewe bewering.
Die verskille tussen die DNS-reeks van die mens en die sjimp is nie per toeval regdeur die genome versprei nie. Die verskille word eerder in groepe gevind. Eintlik by daardie spesifieke plekke is die sjimp se genome dieselfde as ander primate. Dit is die mens wat uitstaan bokant die res. Wetenskaplikes verwys dikwels na hierdie “groepe” as menslike vervroegde gebiede (HAR’s), omdat die menslike genome vermoedelik ‘n gemene stamvader met sjimps gedeel het. Hierdie HAR’S word gevind in DNS- segmente wat nie kodeer vir gene nie. Maar dit vra van ons om te glo dat evolusie so ‘n vinnige verandering na willekeur veroorsaak het, op plekke waar daardie veranderinge ‘n belangrike verskil maak in ‘n organisme se funksionering, wat nodig is om uiteindelik ‘n mens te skep.
Sulke toevallige geluk sorg vir ‘n ongelooflike storie, maar dit raak beter. Sommige HAR’s word gevind in DNS-segmente wat vir gene gekodeer is en hierin is ‘n menigte ander probleme. Evolusie sou voorspel dat mense vanaf die sjimp-mens stamvader ontstaan het, deur ‘n natuurlike seleksiehandeling by geleentheid van variasies, veroorsaak deur mutasies. Tog openbaar onlangse navorsing net die teenoorgestelde. Die HAR’s wat in proteïn-gekodeerde genes gevind was, het bewys getoon van mutasies wat nie geselekteer is in terme van hul gunstige fenotipe nie, maar eerder die presiese teenoorgestelde. Die genetiese veranderinge het bewyse getoon dat hulle, in werklikheid nadelig is. Hulle het ontstaan in die populasie, nie omdat hulle sekere fisiologiese voorsprong voorsien het nie, maar ten spyte van die nadelige werking. Sulke resultate maak min sin binne-in ‘n raamwerk van evolusie.
Dis duidelik dat die HAR’s ‘n neiging toon waarin die verskille in die menslike DNS waargeneem word (soos vergelyk ten opsigte van eenderse spesies), tipies die G-C inhoud van daardie spesifieke area van die DNS-string vermeerder. Evolusie sou voorspel dat die G-C inhoud van die onderliggende gene relatief konstant sou bly, soos natuurlike seleksie die DNS-mutasies wat die proteïen verbeter, sou uitlig. Indien evolusie waar is, sou ons dus nie ‘n konstante neiging ten opsigte van ‘n vermeerdering in die G-C-inhoud verwag nie.
Hierdie HAR’s is nie altyd beperk tot die proteïn gekodeerde deel van die gene nie, maar dikwels brei dit uit in ‘n hangende reeks buitekant die grens. Dit stel verder voor dat hierdie verskille wat waargeneem word in die menslike DNS, nie gevolge van natuurlike seleksie is wat die proteïen versterk, wat die gene enkodeer nie. Dikwels neig die HAR’s om in ‘n enkele deel van die gene te bondel, binne en rondom ‘n enkele ekso (soos teëwerkend regoor die hele gene) en hulle is geneig om met manlike herkombinasie te korrelleer (maar nie vroulik nie). Sulke waarnemings maak min sin in die lig van evolusie.
Samevattend, so interessant soos genetiese ooreenkomste tussen sjimpansees en mense is, is hulle nie bewyse vir Darwinisme nie. Ontwerp is ook by magte om hulle te verduidelik. Ontwerpers maak dikwels verskillende produkte deur eenderse dele, materiale en samestellings te gebruik. Die algemene persentasie pas by die areas van ons DNS wat oorgaan in proteïene. Dit maak meer sin vir die Ontwerper van die natuur, betreffende die data, om dieselfde proteïene te gebruik, om sodoende dieselfde funksie te vervul in ‘n verskeidenheid van organismes.
English
Is die ooreenkoms in menslike/sjimp-DNA ‘n bewys vir evolusie?