settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is die menslikheid van Jesus belangrik?

Antwoord


Die menslikheid van Jesus is netso belangrik as die goddelikheid van Jesus. Jesus is gebore as ‘n menslike wese, maar steeds volkome goddelik. Die konsep van die menslikheid van Jesus wat saam met Sy goddelikheid bestaan, is moeilik vir die begrensde menslike verstand om te begryp. Nietemin, Jesus se natuur – volledig mens en volledig God – is ‘n bybelse feit. Daar is hulle wat hierdie bybelse waarhede verwerp en verklaar dat Jesus ‘n mens was, maar nie God nie (Ebionisme). Dosetisme is die siening dat Jesus God was, maar nie mens nie. Beide sienings is onbybels en vals.

Jesus moes gebore word as ‘n mens, as gevolg van verskeie redes. Een word in Gal 4:4-5 uitgespel: “Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy Sy Seun gestuur. Hy is uit ‘n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop, sodat ons as kinders van God aangeneem kon word.” Slegs ‘n mens kon onder die wet gebore word. Geen dier of engelagtige wese is “onder die wet” nie. Slegs mense word onder die wet gebore en slegs ‘n mens kon ander menslike wesens, wat onder dieselfde wet gebore is, verlos. Om onder die wet van God gebore te word, maak alle mense skuldig aan oortreding van daardie wet. Slegs ‘n volmaakte mens – Jesus Christus – kon die wet hou en dit volmaak vervul, en sodoende ons verlos van daardie skuld. Jesus het ons redding aan die kruis behaal, ons sonde omgeruil vir Sy volmaakte regverdigheid (2 Kor 5:21).

‘n Ander rede waarom Jesus volledig mens moes wees, is dat God die noodsaaklikheid gevestig het van die storting van die bloed vir die vergifnis van sondes (Lev 17:11; Hebr 9:22). Die bloed van diere, alhoewel dit aanvaarbaar was op ‘n tydelike basis, as ‘n voorafskaduwing van die bloed van die volmaakte God-Mens, was onvodoende vir die permanente vergifnis van sonde, omdat “die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem” (Hebr 10:4). Jesus Christus, die volmaakte Lam van God, het Sy menslike lewe opgeoffer en Sy menslike bloed gestort om die sondes van almal weg te was, almal wat in Hom glo. As Hy nie ‘n mens was nie, sou dit onmoontlik gewees het.

Verderaan gee die menslikheid van Jesus Hom die vermoë om met ons ‘n verhouding te bou op ‘n manier wat die engele of diere nooit kan nie. “Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie” (Hebr 4:15). Slegs ‘n mens kon simpatiseer met ons swakhede en versoekings. In Sy menslikheid was Jesus onderwerp aan al dieselfde soorte beproewinge wat ons het en Hy is dus, in staat om met ons te simpatiseer en ons by te staan. Hy was versoek; Hy was vervolg; Hy was arm; Hy was verag; Hy het fisiese pyn gely; en Hy het die smart van ‘n langsame en die wreedste dood verduur. Slegs ‘n mens kon hierdie dinge deurmaak en slegs ‘n menslike wese kon dit volledig verstaan, deur ondervinding.

Ten slotte was dit nodig vir Jesus om in die vlees te kom, omdat, deur daardie waarheid te glo, ‘n voorvereiste vir verlossing is. Deur te verklaar dat Jesus in die vlees moes kom, is die teken van die Gees van God, terwyl die Antichris en almal wat hom volg, dit sal ontken (1 Joh 4:2-3). Jesus het in die vlees gekom; Hy is by magte om met ons menslike swakhede te simpatiseer; Sy menslike bloed was vir ons sondes gestort; en Hy was volledig God en volledig Mens. Hierdie is bybelse waarhede wat nie ontken kan word nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is die menslikheid van Jesus belangrik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries