Vraag
Waarom het Jesus mense opdrag gegee om nie aan ander te gaan vertel van Sy wonderwerke nie?
Antwoord
Na die genesing van ‘n melaatse man (Mark 1:41-41), het Jesus hom weggestuur met ‘n streng waarskuwing: “Moet vir niemand iets hiervan vertel nie…..” (Mark 1:43-44). Volgens ons denkwyse sou dit moes wees dat Jesus wou hê dat almal van die wonderwerk moes weet, maar Jesus het geweet dat publisiteit Sy sending sou hinder en aandag van Sy boodskap sou aflei. Markus het geskryf dat dit presies is wat plaasgevind het. As gevolg van hiedie man se opgewondenheid oor sy genesing, was hy ongehoorsaam. Die gevolg was dat Christus Sy bediening uit die stad moes verwyder na die woestynstreke (Mark 1:45): “Daarom kon Jesus nie meer openlik in ‘n dorp kom nie en Hy het gewoonlik buite in die oop veld gebly. Tog het die mense van alle kante af na Hom toe gekom.”
Verderaan het Christus, toe Hy die melaatse gereinig het, steeds van hom vereis om die landswet te gehoorsaam en dadelik na die priester te gaan en nie tyd te verspeel deur te stop en te vertel van sy genesing nie. Dit was ook moontlik dat, indien hy nie dadelik sou gaan nie, boosdoeners voor hom sou gaan na die priester en sou voorkom dat sy verklaring van die genesing, nie waar sou wees, dat Jesus dit gedoen het nie. Dit was van verdere belang dat die priester dit sou erken as ware genesing, sodat daar geen partydigheid onder die Jode sou wees dat dit ‘n werklike wonderwerk sou wees nie.
Ten slotte, Jesus wou nie dat mense op die wonderwerke wat Hy gedoen het, moes fokus nie, maar eerder die boodskap wat Hy gebring het en die dood wat Hy sou sterf, moes uitdra. Dieselfde is vandag nog waar. God sou eerder wou hê dat daar op die wonderwerk van genesing deur Jesus Christus gefokus word, in plaas van om te fokus op ander genesings en/of wonderwerke.
English
Waarom het Jesus mense opdrag gegee om nie aan ander te gaan vertel van Sy wonderwerke nie?