Vraag
Wat beteken dit dat God ons nader trek tot redding/verlossing?
Antwoord
Die duidelikste vers betreffende God wat ons trek tot redding is in Joh 6:44, waar Jesus verklaar dat “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.” Die Griekse woord vir “draw” is “helkuo” en beteken “to drag” (letterlik of figuurlik). Dis duidelik dat hierdie trekking ‘n eensydige gebeurtenis is. God doen die trekking tot verlossing; ons wat getrek word, het ‘n passiewe rol in die proses. Daar is geen twyfel dat ons antwoord op Sy trekking nie, maar die trekking op sigself, is alles aan Sy kant.
Helkuo word in Joh 21:6 gebruik om te verwys na ‘n swaar net vol vis, wat aan wal getrek word. In Joh 18:10 sien ons hoe Petrus sy swaard uittrek en in Hand 16:19 word helkuo gebruik om Paulus en Silas te beskryf, hoe hulle in die markplein getrek word voor die leiers. Dis duidelik dat die net geen deel het aan die aan wal trekkery nie, Petrus se swaard het geen aandeel om uitgetrek te word nie en Paulus en Silas het nie hulself na die markplein getrek nie. Dieselfde kan gesê word van hoe God sommige trek tot bekering. Sommige kom gewilliglik en sommige is onwillig, maar almal kom uiteindelik, alhoewel ons geen deel daaraan het nie.
Hoekom is dit nodig dat God ons na verlossing trek? Eenvoudig gestel, sou Hy dit nie gedoen het nie, sou ons nooit kom nie. Jesus verduidelik dat niemand kan kom, indien die Vader hom nie trek nie (Joh 6:65). Die gewone mens het geen vermoë om na God te kom nie, nie eens die begeerte nie. Omdat sy hart verhard is en sy verstand verduister, begeer die onwedergebore mens nie om by God te wees nie en is eintlik ‘n vyand van God (Rom 5:10). As Jesus sê dat geen mens sonder dat God hom trek, kan kom nie, maak Hy ‘n stelling aangaande die totale gebrokenheid van die sondaar en die universele aard van daardie toestand. Die ongeredde mens se hart is so donker, dat hy dit selfs nie besef nie: “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?” (Jer 17:9). Dus is dit slegs deur die genadige en barmhartige God wat ons trek, dat ons gered word. Deur die sondaar se bekering, verhelder God die verstand (Ef 1:18), buig die wil tot Homself en beïnvloed die gees, waarsonder die gees verduister bly en teen God rebelleer. Al hierdie dinge is ingesluit by die trekproses.
Daar is ‘n gewaarwording wat plaasvind wanneer God alle mense trek. Dit staan bekend as die “algemene roep” en word onderskei van die “kragdadige roep” van God se uitverkorene. Gedeeltes soos Ps 19:1-4 en Rom 1:29 dra by tot die feit dat God se ewige krag en goddelike natuur “duidelik gesien” en “verstaan” word, sodat mense geen verskoning kan hê nie. Maar mense ontken God steeds en hulle wat Sy bestaan erken, kom steeds nie tot kennis van redding deur Hom , buitekant Sy trekking van hulle nie. Slegs hulle wat getrek word deur spesiale openbaring – deur die krag van die Heilige Gees en die genade van God – sal by Christus uitkom.
Daar is tasbare maniere hoe sommige wat getrek word tot verlossing, dit ervaar. Eerstens oortuig die Heilige Gees ons van ons sondige toestand en ons behoefte aan ‘n Verlosser (Joh 16:8). Tweedens maak Hy in ons ‘n onbekende belangstelling in geestelike dinge wakker en skep ‘n begeerte daarvoor soos nooit tevore. Skielik open ons ore, ons harte word ingestel op Hom en Sy Woord begin om ‘n nuwe en opgewonde aantrekkingskrag vir ons in te hou. Ons gees begin om geestelike waarheid te onderskei, wat nooit vantevore sin gemaak het nie: “Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word” (1 Kor 2:14). Eindelik begin ons om nuwe begeertes te ontwikkel. Hy plaas in ons ‘n nuwe hart wat na Hom hunker, ‘n hart wat begeer om Hom te ken, te gehoorsaam en om ‘n nuwe lewe te kan lei in Christus (Rom 6:4), wat Hy beloof het.
English
Wat beteken dit dat God ons nader trek tot redding/verlossing?