settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan jy in verlossing slegs deur geloof glo, wanneer in Jak 2:24 (die enigste plek in die Bybel) geskryf staan: nie net op grond van sy geloof nie, bedoelende daarmee dat verlossing nie deur geloof alleen verkry word nie?

Antwoord


Dit is heeltemal waar dat een vers in die Bybel, wat die presiese frase bevat aangaande deur geloof alleen , lyk of dit argumenteer teen verlossing slegs deur geloof. Jak 2:24

lees, “Julle sien dus dat ‘n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie.” Deur egter die lering van verlossing “deur slegs te glo,” verwerp, alleenlik gegrond op hierdie vers, dui op twee probleme. Eerstens is die konteks van Jak 2:24 nie ‘n argument teen die lering van verlossing deur geloof alleen nie. Tweedens, die Bybel hoef nie die presiese frase “faith alone” te bevat om sodoende duidelik te leer dat verlossing deur geloof alleen verkry word nie.

Jak 2:14-26 en veral vers 24 is die onderwerp van sommige verwarde interpretasies. Dit wil voorkom of die gedeelte ernstige probleme vir die “verlossing deur geloof alleen”-konsep veroorsaak. Eerstens moet ons ‘n misverstand opklaar, naamlik, dat Jakobus dieselfde ding bedoel met “vrygespreek” in vers 24, as wat Paulus in Rom 3:28 bedoel het. Paulus gebruik die word “vrygespreek” om daarmee te sê “regverdig deur God verklaar.” Paulus praat van God se wettige verklaring van ons as regverdig, soos Christus regverdigheid op ons oorgedra het. Jakobus gebruik die woord “vrygespreek” en bedoel daarmee “being demonstrated and proven” (verklaar en bewese).

Jak 2:24 kan as volg vertolk word: “’n Persoon word “beskou as regverdig” deur wat hy doen en nie deur geloof alleen nie.” Of, “Dus sien julle, ons word “vertoon as reg by God” deur wat ons doen, nie deur geloof alleen nie.” Die hele gedeelte van Jak 2:14-26 handel oor die bewys van opregtheid van jou geloof deur wat jy doen. ‘n Opregte verlossings-ondervinding deur geloof in Jesus Christus sal sonder twyfel uitloop op goeie werke (Ef 2:10). Die werke is ‘n demonstrasie en bewys van geloof (Jak 2:18). ‘n Geloof sonder werke is nutteloos (Jak 2:20) en dood (Jak 2:17); met ander woorde, dit is geensins opregte geloof nie. Redding deur geloof alleen, maar daardie geloof sal nooit alleen wees nie.

Alhoewel Jakobus 2:24 die enigste vers is wat die presiese frase bevat, “Julle sien dus dat ‘n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie op grond van sy geloof nie,” is daar baie ander verse wat wel leer dat verlossing alleen deur geloof verkry word. Enige vers wat verlossing toeskryf aan geloof/oortuiging, met geen ander vereistes genoem nie, is ‘n verklaring dat verlossing alleen deur geloof verkry kan word. Joh 3:16 verklaar dat verlossing gegee word aan “dié wat in Hom glo.” Hand 16:31 sê, “Glo in die Here Jesus en jy sal gered word.” Ef 2:8, “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.” Sien ook Rom 3:28; 4:5; 5:1; Gal 2:16; 3:24; Ef 1:13; en Fil 3:9. Baie ander verse kan nog as verwysing dien as byvoeging tot hierdie.

Opsommenderwys, Jak 2:24 argumenteer nie teen verlossing deur geloof alleen nie. Dit argumenteer eerder ‘n verlossing wat alleen staan, ‘n verlossing sonder goeie werke en gehoorsaamheid aan God se Woord. Jakobus se punt is dat ons ons geloof moet uitleef deur wat ons doen (James 2:18). Ongeag die afwesigheid van die presiese frase “geloof alleen,” leer die Nuwe Testament dat verlossing die produk is van God se genade, in antwoord op ons geloof. “Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof” (Rom 3:27). Daar is geen ander vereiste nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan jy in verlossing slegs deur geloof glo, wanneer in Jak 2:24 (die enigste plek in die Bybel) geskryf staan: nie net op grond van sy geloof nie, bedoelende daarmee dat verlossing nie deur geloof alleen verkry word nie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries