settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken dit om fatsoenlik aan te trek?

Antwoord


Deur die beskrywing van die toepaslike manier vir vroue om aan te trek in die kerk, vermaan Paulus hulle om “waardig, beskeie en ingetoë” aan te trek en hy gaan dan voort in kontras: “maar goeie werke, soos dit vroue betaam wat openlik bely dat hulle God dien” (1 Tim 2:9-10). Om waardig/betaamlik geklee te wees is nie net op die kerk van toepassing nie; dit is die standaard vir alle Christene, te eniger tyd. Die sleutel tot die verstaan van “waardig,” is om die ingesteldheid en intensies van die hart te ondersoek. Hulle wie se harte op God ingestel is, sal probeer om waardig, fatsoenlik en toepaslik geklee te wees. Hulle wie se harte na hulself gerig is, sal aantrek op ‘n wyse dat hulle aandag trek, met min of geen omgee wat die gevolge vir hulself of ander inhou nie.

‘n Godvresende vrou poog om alles met ‘n godvresende perspektief te doen. Sy weet dat God wil hê dat Sy mense besorg sal wees tot Sy eer en ook oor die geestelike toestand van hul broers en susters in Christus. Indien ‘n vrou getuig dat sy ‘n Christen is, maar tog op ‘n manier aantrek wat onwelvoeglik is en die aandag op haar liggaam vestig, is sy ‘n swak getuie vir die Een wat haar siel gered het, deur vir haar aan die kruis te sterwe. Sy vergeet dat haar ligaam deur Christus vrygekoop is en nou die tempel van die Heilige Gees is (1 Kor 6:19-20). Sy vertel aan die wêreld dat sy haar eie waarde as suiwer fisies sien en dat haar aantreklikheid vir ander afhang van hoeveel sy van haar liggaam aan hulle blootstel. Verder, om onfatsoenlik aan te trek, vertoon sy haar liggaam aan wellustige mans en veroorsaak dat haar broers in Christus sondig. Dit is iets wat God veroordeel in Matt 5:27-29. Spreuke 7:10 praat van ‘n vrou, “sy dra die klere van ‘n prostituut, sy is ‘n vrou met listige planne.” Hier sien ons die beskrywing van iemand wie se hart blootgelê word deur die wyse waarop sy haarself aantrek.

Wat beteken dit in die moderne samelewing wanneer die Skrif praat van waardige kleding? Moet ‘n vrou van kop tot tone bedek wees? Daar is wel kulte en godsdienste wat dit verwag van ‘n vrou. Ons moet weer teruggaan na die kwessie van die hart se ingesteldheid. ‘n Godvresende vrou sal nie klere dra wat uitlokkend of onthullend in die openbaar is nie of klere wat negatief reflekteer op haar persoonlike getuienis as ‘n kind van God nie. Selfs as almal waaghalsige klere dra, weerstaan sy die versoeking om saam met hulle te skaar. Sy weet dat hierdie tipe klere ontwerp is om aandag op haar liggaam te plaas en mans uit te lok, maar sy is wys genoeg om te weet watter tipe aandag haar goedkoop maak. Die idee om mans te laat sondig teenoor God as gevolg van haar kleredrag, is afstootlik teenoor haar, omdat sy verkies om God lief te hê en God te eer en om ander dieselfde te sien doen. Fatsoenlikheid in kleredrag openbaar eerbaarheid en godvresendheid van die hart, karaktertrekke wat die begeerte van alle vrouens moet wees, wat leef om God se hart bly te maak en Hom te vereer.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken dit om fatsoenlik aan te trek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries