settings icon
share icon
Vraag

Waar/hoe trek jy die lyn deur iemand te help en toe te laat dat iemand jou misbruik?

Antwoord


Luk 6:30, 35-36 leer vir ons: “Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terug eis nie. “Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ‘n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.” Hierdie verse en baie ander in die Bybel leer ons dat Christene liefdevol, medelydend en selfopofferend moet optree. As ons die behoeftes van mense oral rondom ons sien, moet ons harte vol medelye wees, netsoos ons Hemelse Vader medelye teenoor alle mense het. Ps 145:9, “Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het.”

Dit is reg om ‘n hart te hê wat gedurig aan ander gee en dit maak God bly om hierdie wonderlike eienskappe in ons lewens te sien. In hierdie area van gee en help, leer die Bybel egter ook dat ons wyse onderskeiding moet hê (Matt 10:16). God gee vir ons sekere standaarde wat ons in ag moet neem as dit kom by die gee van ons tyd en geld aan ander. As die Bybel ons vertel om ander te help, is die doel nooit vir ons om dit tot op ‘n punt te doen waar dit nadelig raak nie. Dit is goed om te doen waartoe ons in staat is, maar 2 Tess 3:10 herinner ons ook, “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.” Daar is mense wat ‘n onverantwoordelike leefstyl handhaaf, met absoluut geen aanspreeklikheid nie. Dus moet daar limiete wees; ons sal iemand met ‘n behoefte help, maar as ons sien dat dit ‘n chroniese patroon van lewe raak, is dit verkeerd van ons om so aan te gaan en dit aan te moedig. Dit is baie skadelik teenoor ander om by te dra tot hul luiheid, traagheid en tekort aan inspanning. Daar steek waarheid in ‘n ou gesegde: “Gee iemand ‘n vis en hy eet vir een dag, leer hom om vis te vang en hy eet lewenslank.” As ons sien dat iemand ernstig poog om iets te probeer, moet ons hom ondersteun , waarin God ookal lei.

Dikwels is ‘n beter manier om ander te help om saam met bybelse lering, beginsels en bemoediging saam met hulle ‘n pad te stap. Indien hulle gewillig is om te luister en te probeer, behoort hulle in staat te wees, deur die krag van die Heilige Gees binne-in hulle, om hierdie patroon van afhanklik te wees van ander, om te draai. Dit begin natuurlik met ‘n duidelike aanbieding van die evangelie van Jesus Christus se bekragtiging, waarsonder verandering van hierdie leefstyl nie moontlik is nie.

Ons moet ook in ag neem wat die Bybel sê aangaande goeie rentmeesterskap. As ons ons geloof in God plaas en saam met Hom die pad loop, belowe Hy om in ons behoeftes te voorsien (Fil 4:19). Wat die Here vir ons voorsien, moet in wysheid gebruik. Ons moet ‘n gedeelte teruggee aan die Here van wat Hy vir ons gee; ons moet voorsien in die behoeftes van ons families; en ons moet ons rekeninge betaal. Hoe ons ons tyd spandeer, het ook te doen met rentmeesterskap; ‘n balans tussen aanbidding, werk en familie is belangrik. Hierdie is almal belangrike aspekte van rentmeesterskap en kan nie nagelaat word nie, dus moet hulle in ag geneem word in die besluitneming van hoe en wat ons kan doen om ander te help. Indien ons ander finansieel help en ons nie ons eie skuld en verantwoordelikhede kan nakom nie, dan doen ons nie reg in ons pogings om te help nie.

Daar is baie maniere hoe mense van ander kan misbruik maak. Dit is belangrik dat ons dit ‘n saak van gebed maak, deur te vra dat die Here ons moet wys wat Hy wil hê dat ons moet doen. Hy sal ons wysheid gee om ware nood te herken en te onderskei tussen ‘n geleentheid en ‘n verwarring (Jak 1:5). Soms is mense so platgeslaan deur die lewe se mislukkings en beproewings dat hulle iemand benodig wat gewillig is om ‘n langtermyn-vriend vir hulle te wees. Dit kan ‘n moontlike probeerslag wees, maar dit kan ook ‘n baie waardevolle een van verhouding wees. Plaaslike kerke kan van groot hulp wees vir hulle wat belas is met ander in nood.Om egter iemand te help wat nie bereid is om enige pogings aan te wend om die saak op te los nie, kan ‘n hopelose geval wees. Weer is dit nodig om tot God te bid vir wysheid en onderskeiding, want dit is in hierdie situasies uiters nodig.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Waar/hoe trek jy die lyn deur iemand te help en toe te laat dat iemand jou misbruik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries