Vraag
Is om te ly vir Christus altyd deel van ‘n volgeling van Christus se lewe?
Antwoord
Die Bybel praat baie oor lyding vir Christus se saak. In die era toe die Nuwe Testament geskryf was, was volgelinge van Jesus dikwels deur hul eie families en gemeenskappe verstoot. Sommige van die ergste vervolging het van die geestelike leiers gekom (Hand 4:1-3). Jesus het vir Sy volgelinge gesê, “Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” (Matt 5:10). Hy het Sy dissipels herinner, “As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat” (Joh 15:18).
2 Tim 3:12 sê, “Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word.” Soos in die Bybelse tye, vind baie Christene dit vandag nog, dat om ‘n publieke verklaring van geloof in Christus te maak, kan uitloop op gevangenisstraf, lyfstraf, marteling of die dood (Heb 11:32-38; 2 Kor 12:10; Fil 3:8; Hand 5:40). Dikwels sidder ons wat in lande woon waar vryheid van geloof lewe heers, maar ons voel relatief veilig. Ons verstaan dat daar daagliks duisende ly vir die saak van Christus en ons is dankbaar dat ons dit nie hoef te doen nie. Is daar net een soort vervolging?
Jesus het dit duidelik gestel wat dit beteken om Hom te volg: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis dra en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou. Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar himself verloor of te gronde gaan?” (Luk 9:23-25). Ons moderne begrip van “elke dag sy kruis dra en My volg” is dikwels ontoereikend. In Jesus se tyd het die kruis altyd “dood” gesimboliseer. As iemand ‘n kruis gedra het, was hy alreeds veroordeel om te sterf op daardie hout. Jesus het gesê dat, om Hom te volg, ons gewillig moet wees om te sterf. Ons sal nie almal ‘n martelaarsdood sterf nie. Ons sal nie almal tronk toe gaan, geslaan of gemartel word vir ons geloof nie. Dus, watter soort dood het Jesus van gepraat?
Paulus verduidelik in Gal 2:20, “ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe .Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat Sy liefde vir my bewys het, deur Sy lewe vir my af te lê.” Om vir Christus te volg, beteken dat ons sterf aan ons eie manier om dinge te doen. Ons beskou ons wil, ons regte, ons passies en ons doelwitte as saam met Hom aan die kruis gehang. Ons reg om ons eie lewens te lei, is nou dood vir ons (Fil 3:7-8). Dood sluit lyding in. Die vlees wil nie sterf nie. Om aan jouself te sterf, is pynlik en is teen ons wens, ons natuurlike ingesteldheid om ons eie plesier te soek. Ons kan egter nie beide Christus en die vlees volg nie (Luk 16:13; Matt 6:24; Rom 8:8). Jesus het gesê, “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie” (Luk 9:62).
Paulus het meer as die meeste ander gely vir Jesus. Hy het vir die Christene in Filippi gesê, “God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly” (Fil 1:29). Die woorde “die voorreg gegee” beteken hier “verniet gegee as geskenk.” Paulus praat nie van lyding as ‘n straf nie, maar as ‘n voorreg.
Lyding kan baie vorme aanneem. Deur te kies om die Here Jesus Christus te gehoorsaam, is ons haaks met die wêreld. Gal 1:10 sê, “Klink dit nou of ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.” Deur noukeurig te hou aan dit wat die Bybel leer, stel ons onsself op vir verwerping, bespotting, eensaamheid of verraad. Dikwels kom die wreedste vervolging van hulle wat hulself as geestelik beskou, maar wat God volgens hul eie idees definieer. Indien ons kies om te staan vir regverdigheid en Bybelse waarheid, maak ons seker dat ons verkeerd verstaan sal word, bespot of nog erger mishandel sal word. Ons moet in gedagte hou dat geen bedreiging of lyding die apostels weerhou het om Christus te verkondig nie. Paulus het gesê dat dit die moeite werd is om alles te verloor “Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van Sy opstanding te ondervind en deel te hê aan Sy lyding deur aan Hom gelyk te word in Sy dood” (Fil 3:10). Hand 5:40-41 beskryf die reaksie van die apostels nadat hulle nog weer geslaan is: “Die apostels het van die Raad af weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly.”
Lyding in een of ander vorm sal altyd deel wees van ‘n ware volgeling van Christus. Jesus het gesê dat die pad wat na die lewe lei, moeilik is (Matt 7:14). Ons swaarkry is ook ‘n manier om in die kleine met Sy lyding te identifiseer.
Jesus het gesê as ons Hom voor die mense verloën, sal Hy ons voor Sy Vader in die hemel verloën (Matt 10:33; Luk 12:9). Daar is baie subtiele maniere om te ontken dat ons vir Christus ken. As ons optredes, woorde, leefstyl of keuses van vermaak nie Sy wil reflekteer nie, verloën ons Hom, As ons daarop aanspraak maak dat ons Hom ken, maar leef asof dit nie die geval is nie, verloën ons Christus (1 Joh 3:6-10). Baie mense kies daardie vorme van verloëning, omdat hulle nie vir Hom wil ly nie.
Dikwels kom ons grootste lyding van binne af, as ons stry vir beheer oor ‘n hart wat moet sterf aan sy eie wil en oorgee aan Christus se heerskappy (Rom 7:15-25). In watter vorm lyding ookal kom, moet ons dit omhels asof ‘n skild van eerbetoon en ‘n voorreg dat ons, soos die apostels, waardig geag word om in die skande te kom en te ly ter wille van dié Naam, Jesus.
English
Is om te ly vir Christus altyd deel van ‘n volgeling van Christus se lewe?