settings icon
share icon
Vraag

Is omval in die Gees Bybels?

Antwoord


Omval in die Gees is baie algemeen, wanneer ‘n predikant iemand die hande oplê en daardie persoon val agteroor op die vloer, klaarblyklik oorval deur die krag van die Heilige Gees. Diegene wat hierdie praktyk beoefen, gebruik gedeeltes uit die Bybel waar daar gepraat word van mense wat “bly lê soos een wat dood is” (Openbaring 1:17) of “vooroor op die grond geval” (Eseg 1:28, Dan 8:17,18, 10:7-9). Daar is egter ‘n groot aantal kontraste tussen dié van die Bybel en dié van omval in die Gees, soos dit in die praktyk genoem word.

1. Die Bybelse voorbeelde is die reaksie van iemand, wat ‘n openbaring of buitengewone gebeurtenis beleef het, soos die verheerliking van Christus (Matt 17:6). In die onbybelse beoefening van ‘omval in die Gees”, reageer die person op iemand anders se aanraking of die beweging van die spreker se arm.

2. Die voorbeelde in die Bybel is min en ver uitmekaar en het af en toe in die lewens van ‘n paar mense gebeur. “Omval in die Gees” is ‘n gebeurtenis wat herhaaldelik voorkom en wat met baie mense gebeur.

3. In die Bybelse gevalle, val die persone op hul gesig in verwondering oor wat en wie hulle sien. In die wanvoorstelling van “omval in die Gees”, word agteroor geval, as gevolg van die waai van die spreker se arm of die aanraak van die kerkleier (of omstoot in sommige gevalle).

Ons is nie van mening dat alle voorbeelde van “omval in die Gees” vals is of reaksies op ‘n aanraking of omstoot nie. Baie mense praat van ‘n energie of krag wat die agteroorval veroorsaak. Ons vind egter geen Bybelse bevestiging daarvoor nie. Ja, daar mag ‘n mate van krag of energie betrokke wees, maar as dit so is, is dit baie onwaarskynlik dat dit van God af kom of die gevolg van die werking van die Heilige Gees is.

Dit is jammerlik dat mense sulke ongewone valshede gebruik, wat geen geestelike vrug dra nie, eerder as dat hulle die vrug wat die Gees gee om Christus deur ons lewens te vereer, najaag (Gal 5:22-23). Om met die Gees vervul te wees, word gekenmerk deur ‘n lewe wat oorvloei word deur die Woord van God, in so ‘n mate dat dit oorloop van lofprysing, danksegging en gehoorsaamheid aan God, maar sulke valse voorstellings soos “omval in die Gees” dra nie hierdie vrugte nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is omval in die Gees Bybels?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries