Vraag
Wat is die onveranderlikheid van God?
Antwoord
Die onveranderlikheid van God (Sy kwaliteit om nie te verander nie) word duidelik regdeur die Skrif geleer. Byvoorbeeld in Maleagi 3:6 bevestig God, “Ek, die Here het nie verander nie.” (Sien ook Numeri 23:19; 1 Sam 15:29; Jes 46:9-11; Eseg 24:14).
Jak 1:17 praat ook oor die onveranderlikheid van God: “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat Self nie soos hulle verander of verduister nie.”Die “verduister” verwys volgens ons perspektief na die son: dit word verduister, dit lyk of dit beweeg en dit werp skaduwee. Die son kom op en gaan onder, verskyn en verdwyn elke dag; dit kom uit een keerkring en gaan ‘n ander binne tydens sekere seisoene van die jaar. Maar met God, wat, geestelik gesproke, Self lig is, is daar geen donkerte nie; daar is geen verandering by Hom nie of enigiets soos dit nie. God is onveranderlik in Sy natuur, volmaakthede, doelwitte, beloftes en gawes. Hy is heilig en kan nie verander in dit wat boos is nie; ook kan Hy wat die oorsprong van lig is, nie die oorsaak van donkerte wees nie. Aangesien elke goeie en volmaakte geskenk van Hom kom, kan boosheid nie van Hom af kom nie, ook kan Hy nie daardeur verlei word nie (Jak 1:13). Die Bybel is duidelik dat God nie Sy gedagte verander nie, ook nie Sy wil of Sy natuur nie.
Daar is verskeie logiese redes waarom God onveranderlik moet wees en daarom is dit waarom dit onmoontlik vir God is om te verander. Eerstens, as enigiets verander, moet dit in kronologiese orde plaasvind. Daar moet ‘n tydspunt wees voor die verandering en ‘n tydspunt na die verandering. Dus, vir verandering om plaas te vind, moet dit gebeur binne die beperking van tyd; God is egter ewig en bestaan buite tydsbeperking (Ps 33:11; 41:13; 90:2-4; Joh 17:5; 2 Tim 1:9).
Tweedens is die onveranderlikheid van God nodig vir Sy volmaaktheid. Indien enigiets verander, moet die vir verbetering of verswakking daarvan wees, aangesien ‘n verandering wat geen verskil maak, is nie verandering nie. Vir verandering om plaas te vind, word iets wat nodig is, bygevoeg, wat verbetering bring; of iets wat nodig is, is verlore, wat verandering verswak. Aangesien God volmaak is, het Hy niks nodig nie. Dus, kan Hy nie verander om verbetering te bring nie. Indien God iets moet verloor, sal Hy nie langer volmaak wees nie; dus, Hy kan nie verander om sleg te word nie.
Derdens hou die onveranderlikheid van God verband met Sy alwetenheid. As iemand sy/haar gedagte verander, is dit dikwels omdat nuwe inligting aan die lig gekom het, wat nie voorheen bekend was of as gevolg van omstandighede wat verander het en ‘n ander gesindheid of optrede vereis. Omdat God alwetend is, kan Hy nie iets nuuts leer wat Hy alreeds weet nie. Wanneer die Bybel dus praat van God wat Sy gedagte verander het, moet dit verstaan word, dat die omstandigheid of situasie verander het, nie God nie. Waar Eksodus 32:14 en 1 Sam 15:11-29 praat van God wat Sy gedagte verander het, beskryf dit eenvoudig ‘n verandering van bestel en uiterlike handelinge met die mens.
Numeri 23:19 praat duidelik oor die onveranderlikheid van God:”God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?” Nee, God verander nie Sy gedagte nie. Hierdie vers bevestig die lering van God se onveranderlikheid: Hy verander nie en Hy is onveranderlik.
English
Wat is die onveranderlikheid van God?