settings icon
share icon
Vraag

Het ons almal sonde van Adam en Eva geërf?

Antwoord


Ja, alle mense het sonde van Adam en Eva geërf, spesifiek van Adam. Sonde word in die Bybel as oortreding van die wet van God, beskryf (1 Joh 3:4) en opstand teen God en Sy bevele (Deut 9:7; Jos 1:18). Gen 3 beskryf Adam en Eva se opstand teen God en Sy bevele. As gevolg van Adam en Eva se ongehoorsaamheid, het sonde ‘n oorerwing vir al hul nakomelinge geword. Rom 5:12 sê dat deur Adam het sonde in die wêreld gekom en so is die dood oorgeplaas na alle mense toe, omdat almal gesondig het. Hierdie oorgeplaaste sonde staan bekend as oorerflike sonde. Netsoos ons fisiese karaktertrekke van ons ouers erf, so erf ons ons sondige natuur van Adam.

Adam en Eva is na die beeld van God geskape (Gen 1:26-27; 9:6). Ons is egter ook na die beeld van Adam gemaak (Gen 5:3). Toe Adam in die sonde geval het, was die gevolg dat elkeen van sy nakomelinge ook met sonde besmet sal word. Dawid het hierdie feit in een van sy Psalms vasgevang: “Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het” (Ps 51:7). Dit beteken nie dat sy moeder hom buite-egtelik gebaar het nie; sy moeder het eerder ‘n sondige natuur van haar ouers geërf en hulle weer van hul ouers, ensovoorts. Dawid het sonde van sy ouers geërf, netsoos met ons almal gebeur. Al lewe ons ook die beste lewe ooit, is ons steeds sondaars as gevolg van oorerwing.

Om gebore sondaars te wees, het tot gevolg dat ons almal sondig. Let op die voortsetting in Rom 5:12: sonde het in die wêreld gekom as gevolg van Adam, dood het ná sonde gekom, alle mense gaan dood, alle mense doen sonde, omdat hulle sonde van Adam geërf het. “Almal het gesondig en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus” (Rom 3:23). Ons benodig ‘n volmaakte, sondelose offer om ons sonde weg te was, iets waartoe ons nie self in staat is nie. Genadiglik is Jesus Christus die Verlosser van sonde! Ons sonde is aan die kruis van Jesus vasgespyker en nou “Deur die bloed van Sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God” (Ef 1:7). God, in Sy oneindige wysheid het die geneesmiddel vir die sonde wat ons geërf het, voorsien en daardie geneesmiddel is beskikbaar vir elkeen: “Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes” (Hand 13:38).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het ons almal sonde van Adam en Eva geërf?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries