settings icon
share icon
Vraag

Is publieke belydenis nodig vir verlossing?

Antwoord


Rom 10:9-10 word deur baie goedbedoelde Christene gebruik in ‘n poging om iemand tot geloof in Christus te bring. “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons en ons word gered.”

Hierdie gedeelte moenie verstaan word dat ons gered word deur middel van ‘n hoorbare belydenis van geloof nie. Ons weet dat verlossing uit genade is, deur die gawe van geloof (Ef 2:8-9), nie deur woorde wat ons sê nie. Dus, soos met die hele Skrif, is konteks van kritieke belang om Rom 10 reg te wil verstaan.

Teen die tyd van die skrywe van die boek Romeine, was dit so dat as iemand Christus aangeneem en Hom as Here bely het, dit uitgeloop het op vervolging en uiteindelik die dood. Gedurende daardie tyd, om Christus aan te hang en Hom as Here te bely, en geweet het dat vervolging sou volg, was ‘n aanduiding van opregte verlossing en die werk van die Heilige Gees. Belydenisse van geloof in die openbaar is raar, as jou lewe op die spel is en des te meer so in die vroeë kerk. Die frase “sal jy gered word,” is nie veronderstel om as voorwaarde te dien as jy in die publiek bely dat jy verlos is nie, maar eerder ‘n definitiewe feit dat niemand wat die dood in die gesig staar, sou Christus as Here bely, tensy hy/sy inderdaad verlos was nie.

In Rom 10:10 lees ons, “Met die hart glo ons en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons en ons word gered.” Die oorspronklike Grieks dra die gedagte oor, deur met die mond te “bevestig,” van wat in die hart gebeur het en daarvoor dankbaar te wees. Rom 10:13 sê, “want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” Verse 14 egter dui aan dat om na die Here te roep, die voorreg is van hulle wat alreeds vrygemaak is: ”Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie?” Vers 12 sê, “Dit maak dus geen verskil of ‘n mens ‘n Jood of ‘n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal en Hy seën almal wat Hom aanroep ryklik.” Dit is duidelik dat die frase “Hy seën almal wat Hom aanroep ryklik” nie kan praat van verlossing nie, omdat hulle wat Hom “aanroep” alreeds “glo,” volgens vers 14.

Om af te sluit, Rom 10:9-10 stel nie publieke belydenis as ‘n voorvereiste vir redding nie. Dit sê eerder dat iemand wat in Christus glo en Hom daaropvolgend bely as Here, wetende dat vervolging verseker kom, daardie individu het werklik getuig van verlossing. Hulle wat gered is, sal Christus as Here bely, omdat Hy alreeds geloof in hul harte geplant het. Soos met die doop en alle goeie werke, is openbare belydenis nie die weg tot verlossing nie; dit is die getuienis van verlossing.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is publieke belydenis nodig vir verlossing?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries